Taalgebruik: Geluide van dinge

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Geluide van dinge is werkwoorde wat ingespan word om die geluide wat goed soos blare, sleutels of reën maak, te beskryf. Byvoorbeeld:

Blare ritsel in die wind.
Die sleutels klingel in sy broeksak.

Nog voorbeelde:

Branders breek.
Breekgoed ratel.
Glase ratel.
Golwe klots.
Koeëls klap.
Reën kletter.
Selfone biep-biep.
Sleutels klingel.
Stroompies kabbel.
Voetstappe knars.
Waterval dreun.
Wekkers lui.
Wind huil (loei).

Dié taalbrokkie is ʼn verkorte weergawe van die oorspronklike inligting wat in Afrikaans vir almal gepubliseer is.
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R330,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.