Taalgebruik: karig, skamel, skraps

Argieffoto (Foto: Ronile/Pixabay)

Taalgebruikers struikel soms oor die verskil tussen “karig”, “skamel” en “skraps”.

Karig en skamel slaan op gebrekkig, min en armoedig: Die huis is karig gemeubileer, die skoonmaker verdien ʼn karige loon, terwyl skamel meer bepaald op armoedige of onvoldoende kleding beslaan: Die straatkind is skamel geklee. Skraps slaan ook op min/gebrekkig, maar by kleding is dit eerder onbetaamlik as armoedig.

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.