Taalgebruik: sʼn

Argieffoto

Ons sʼn, die seun sʼn, julle sʼn. Gebruikers van Afrikaans skryf soms dié besitlike voornaamwoord verkeerdelik as “sin”.

“Sʼn” dui besitting aan: Hierdie is my broer se kamer en daardie is my suster s’n.

Nog voorbeeldsinne:
Hierdie is my broer se kamer en daardie is my suster s’n.
’n Rok soos Kate s’n.
Dissipline is ouers se werk en nie onnies s’n nie.

• “Sʼn” volg ‘n selfstandige naamwoord om aan te dui dat dié selfstandige naamwoord die voorheen genoemde voorwerp besit, baie soos Engelse afkappingsteken ‘s.
• “Sʼn” word ook gebruik om besitlike voornaamwoorde te maak saam met woorde soos ons (ons s’n), u (u s’n), julle (julle s’n) en hulle (hulle s’n).

‘n “Sin” is een of meer woord(e) wat ’n selfstandige, afgeronde geheel vorm; volsin: Lang, maar helder sinne. • Gebruik liewer korter sinne. • Die boek wemel van swak sinne. • Die laaste sin van die testament is onduidelik. • jou sin voltooi • ’n sin ontleed.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan Seerot ·

Uiteindelik! Ek wens dat hierdie artikel alle mense wat Afrikaans praat, kon bereik.
Baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.