Taalgebruik: trein

Argieffoto (Foto: Patrick Pascal Schauß/Pixabay)

Pendelaars haal/neem elke oggend ʼn trein op die stasie en klim dan daar in/op die trein.

Jy mis [eerder as (formeel) verpas] die trein, haal dit nie of kom laat vir die trein.

Hulle reis per trein of reis/ry met die trein.

Vrag word per spoor [NIE: per trein] vervoer.

Drie trokke of goederewaens van die goedere-/vragtrein en die eet-/passasierswa [NIE: trok] van die passasierstrein het ontspoor en die spoorlyn of die Kaapstad-Kapteinsklip-trajek is gesluit.

ʼn Stasie het ʼn perron [eerder as platform].

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek:Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strandloper ·

Die regeerig van ons is duidelik op n trein to nowhere….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.