Taalgebruik: verveeld of vervelig?

Argieffoto (Foto: Matthew Henry/Unsplash)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van “verveeld” en “vervelig”: Die werk is vervelig (eentonig), daarom raak ʼn mens gou verveeld.

Om verveeld te wees, is om sonder enige belangstelling te wees; wat verveling voel: verveeld in die hoek sit; verveeld deur die strate dwaal; ʼn verveelde lewe lei.

Vervelig is wanneer iets of iemand geneig is om jou te verveel; vervelend; langdradig; vermoeiend: ʼn storie vervelig vertel; die lewe op ʼn plaas vervelig vind; ʼn vervelige vent

Verveling is daardie ergerlike/onaangename gevoel wat ʼn mens kry wanneer jy niks het om jou mee besig te hou nie of ʼn onbevredigde drang na iets nuuts ondervind: die verveling van steeds eenderse, eentonige roetinewerk; dodelike verveling; van verveling kan sterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.