Woord: laitie

microphone-1209816_1920Woord: Laitie laitie s.nw. Ook laaitie.

Seun of ʼn jong man.

Afleiding met -ie van die verafrikaanste vorm van Eng. light (1225), so genoem omdat ʼn seun of jong man lig van kop, hart en gedagtes is.

Vanuit Afr. in S.A. Eng. (1986). WAT, HAT, Silva

Etimologiewoordeboek van Afrikaans 

laitie s.nw., laities; laitietjie. (geselstaal; soms verkleinerend) Ook laaitie. Seun of jong man: Gaan sê vir daardie laitietjie as hy moeilikheid soek, kan hy dit kry. ≈ “Daar’s ʼn nuwe laitie in ons skool,” sê hy met berekende meerderwaardigheid (S.C. Brink in Huisg., 13 Jun. 1969, 81). Johny: Wanneer hou ʼn ou op om ʼn laitie te wees? Wynand: Wel, so teen dertig sou ek sê, of vroeër (H. Aucamp in Standp., Aug. 1985, 48). Hier’s maar min laities in die weeshuis wat regtig wees is (E. Steenberg: Moerasloper, 1968, 56). Weet Ma wat, ek het my eie bende gestig! Ja! Daar’s ander laities ook wat wil werk … en toe’t ons saamgemaak (Huisg., 20 Febr. 1970, 8).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

laai·tie s.nw. [~s] Ook lai·tie (sleng)1 seun(tjie): ◊ Maar die een wat aan my laaitie vat, maak ek vrék (PG du Plessis).
2 (geringskattend, skertsend) ventjie; kêreltjie: ◊ Die seun wat jou so gefieks het; is hy ’n laitie van soe twintig? (André P. Brink).
 [Engels light lig, tingerig, skraal]

lai·tie s.nw. [~s] (sleng) > laaitie

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae