Uitdrukking:
Om iemand te wys waar Dawid die wortels gegrawe het
Betekenis:
Om iemand te berispe of om iemand ‘n les te leer
Waar kom dit vandaan?
Dawidjieswortel of dawidjiewortel is ’n plantsoort wat giftig is vir diere. As jy nou vir iemand wys waar dawidjiewortel gegrawe (of begrawe) is, kan dit beteken dat jy hom waarsku dat hy met gif speel deur so parmantig of aanmatigend op te tree dat dit nodig is dat jy hom moet berispe. Die woord (en plant) dawidjiewortel is redelik onbekend, en die vervorming van dawidjiewortel tot Dawid die wortel lyk voor die hand liggend, veral as iemand wat nie die plant ken nie, die naam daarvan hoor.