Taaltoffie: ‘read between the lines’

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Die Afrikaanse vertaling vir read between the lines is “tussen die reëls lees”, en dit beteken om gevolgtrekkings uit die trant van ʼn teks te maak, en nie die letterlike woorde nie.

Vroeër het geheime agente ʼn soort ink gebruik wat onsigbaar was en wat eers deur die ontvanger behandel moes word om dit sigbaar te maak. Suurlemoensap is byvoorbeeld een so ʼn “geheime ink” wat op wit papier moeilik gesien kan word totdat die papier verhit word en die sap verkleur. As ʼn boodskap net ʼn blanko stuk papier was, sou dit die vyand agterdogtig maak. Die afsender het dus ʼn skynbaar onskuldige boodskap geskryf en die geheime woorde tussen die reëls met onsigbare ink aanbring. Die ontvanger het op hierdie manier die boodskap letterlik dus tussen die reëls kon lees.

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses    

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.