Woord:
skobbejak
Betekenis:
skurk
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands schobbejak (1619), ‘n samestelling van schobben “skuur, krap, vryf, jeuk” of, verwant hieraan, schobbe (1599) “skurfte” en jak “kort baadjie”. Schobbejak ontstaan waarskynlik na aanleiding van hawelose mense wat luise of skilfers uit hulle klere geskud het en moes steel om kos in die hande te kry.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.