Leerlinge aan ‘n Pretoriase laerskool het potlode gebruik om ‘n wêreldrekordpoging aan te pak en so ook minderbevoorregte kinders te help.
Lees meerAlles vir Maandag 9 Maart 2015
Eskom ontken rasgebaseerde afleggings
Eskom het Maandag ontken dat hy ʼn beleid het om afleggings van werknemers op grond van hul ras te doen.
Video: Voorsmakie van die Woordfees
Die sestiende Woordfees in Stellenbosch het begin en organiseerders beloof ‘n week propvol drama en vermaak.
Goeie nuus: Kaapse brande uiteindelik geblus
Die verwoestende brand wat verlede naweek in Kaapstad uitgebreek het, is geblus.
Konstruksiewerkers by Durban-hawe beseer
Vier konstruksiewerkers is Maandag beseer tydens ʼn voorval by die hawe in Durban.
Video: Drie maande om reuse grondeis in Pretoria teen te staan
Mense wat geraak word deur die reuse grondeis in Pretoria het sowat drie maande om dit teen te staan.
Pendorings fokus vanjaar net op Afrikaans
Die gesogte Pendoring-toekennings het vanjaar besluit om weg te doen met die eg Suid-Afrikaanse afdeling en sodoende die fokus weer uitsluitlik op Afrikaanse reklame te plaas.
Video: Slimkragmeters-kontrak kos Tshwane ‘n fortuin
Die Tshwane-metroraad het in Februarie daagliks R4,6-miljoen betaal aan die maatskappy wat voorafbetaalde elektrisiteitsmeters moet installeer.
Polisiebeamptes vermoor in Limpopo en Oos-Kaap
Twee polisiebeamptes is die afgelope paar dae onderskeidelik in Limpopo en die Oos-Kaap vermoor.
Agri SA en AfriForum teken ooreenkoms oor gemeenskapsveiligheid
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-organisasie Agri SA het vandag in Pretoria ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken ter bevordering van gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe in landelike- en dorpsgebiede, sonder om mekaar se onderskeie werkterreine te betree.
Vlaag ligte aardbewings in Oklahoma kan tot groter skuddings lei – USGS
Die Amerikaanse deelstaat, Oklahoma, het tussen 2009 en 2014 reeds meer as 3 600 aardbewings van sterker as 3 op die Momentmagnitudeskaal beleef, volgens die Amerikaanse sentrum vir geologiese opnames (USGS).
Foto’s: Groot beloning ná stropers drie renosters doodmaak
WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
SAL onseker oor hoeveel werkers afgedank gaan word
Die platsak Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kon Maandag nie bekend maak hoeveel werknemers hy van plan is om af te dank nie.
Liggaam buite skool in Kaapstad gevind
Die liggaam van ʼn 21-jarige man is Maandag buite ʼn skool in Tafelsig in Kaapstad aangetref.
Babameisie lewend gevind ure ná motor in rivier beland
ʼn 18 maande oue babameisietjie het wonderbaarlik oorleef nadat die motor waarin sy en haar ma gery het in ʼn ysige rivier in die Amerikaanse deelstaat Utah beland het en sy langer as 12 uur onderstebo in die motor vasgekeer was.
Kragnetwerk stabiel
Eskom het Maandag aangekondig dat die land se kragnetwerk stabiel is.
‘Bordeelbaas’ in Bloem in hegtenis geneem
ʼn 56-jarige man verskyn Maandag in die Bloemfontein-landdroshof nadat hy glo ʼn bordeel in die stad bedryf het.
SA pa verdwyn in Finland
Die familie van ʼn 60-jarige man van Boksburg is bekommerd nadat hy verdwyn het terwyl hy vir ʼn konferensie in Finland was, het Beeld Maandag berig.
SA ma terug in Londen-huis ná kinders se dood
Tania Clarence (43), ʼn ma van Suid-Afrika wat drie van haar kinders in Engeland versmoor het, is tydelik uit die hospitaal ontslaan.
Musikant in Jhb vermoor
ʼn Suid-Afrikaanse musikant is Maandag in die vroeë oggendure glo deur sy meisie in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.