Julius Malema se vraag of daar nog intelligensie in die land se intelligensiedienste is, som waarskynlik die jongste verwikkelinge in die land se “spookbevolking” die beste op, skryf Herman Toerien.
Alles vir Maandag 9 Maart 2015
Kanker eis voormalige NVG-adjunkhoof
Jan Henning SC, voormalige adjunkhoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), is Saterdag in die ouderdom van 63 oorlede, het Beeld Maandag berig.
Resensie: In ons ‘fairytale’ – Sharoney
Daantjie meen Sharoney sal beslis die Ghoema-toekenning as nuweling van die jaar verdien indien sy dit wen.
Sewe beroof PTA-drankwinkel
Sewe mans het Sondag by ʼn drankwinkel by ʼn winkelsentrum in Mayville, Pretoria, ingebreek en ʼn groot hoeveelheid drank gesteel.
WAT Woord van die Week: skobbejak
Die WAT Woord van die Week is “skobbejak”. Weet jy waar hierdie woord vandaan kom?
Maak Duane nóú Bokkaptein
Daar bestaan by my geen meer twyfel nie, die Springbokafrigter, Heyneke Meyer, moet Duane Vermeulen as sy nuwe Bokkaptein aanwys en hoe gouer, hoe beter.
Talle motoriste vas oor spoed
Die Johannesburgse metropolisie het oor die naweek 22 motoriste vir spoedoortredings in hegtenis geneem.
Man kry glo hartaanval, verdrink
ʼn 51-jarige man het Sondag verdrink in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap nadat hy glo ʼn hartaanval gekry het terwyl hy saam met vriende geswem het.
Kaapse heli-ongeluk: Ervare vlieënier sterf
Hendrik “Bees” Marais, wat Sondagmiddag dood is nadat hy ʼn noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes maak, was ʼn ervare vlieënier en ʼn “legende”.
Gedagte vir die dag: Standvastig in versoeking
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. (Jak 1:12)