Vlaag ligte aardbewings in Oklahoma kan tot groter skuddings lei – USGS

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Amerikaanse deelstaat, Oklahoma, het tussen 2009 en 2014 reeds meer as 3 600 aardbewings van sterker as 3 op die Momentmagnitudeskaal beleef, volgens die Amerikaanse sentrum vir geologiese opnames (USGS).

Volgens die USGS is dit 300 keer meer as in vorige dekades. Die aardbewings kom voor as gevolg van ou verskuiwingsvlakke wat 300 miljoen jaar oud is, wat weer aktief geword het. Dit kan tot groter aardbewings lei as die gewoonlik ligte aardbewings wat nou gevoel word, wat aansienlike skade kan aanrig.

Die aardbewings is boonop vlak, en kom gewoonlik tussen 4 en 6 kilometer onder die oppervlak voor. Hoe vlakker ’n aardbewing se episentrum, hoe meer skade rig dit gewoonlik aan.

Verskeie studies wat onlangs gedoen is, tref ’n vergelyking tussen die toename in aardbewings en olie- en gas-ontginning in die gebied, veral skaliegas-ontginning. Veral die gebruik om afvalwater in die boorgate te spuit, word met die verhoogde seismiese aktiwiteite verbind.

Die USGS se huidige studie fokus egter nie op die impak van gas- en olie-ontginning nie, maar om die ou verskuiwingsvlakke op te spoor en te karteer en die waarskynlikheid van groter aardbewings te bepaal.

Bron: USGS

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

rissiepit ·

Skaliegas-ontginning moet net NOOIT in S.A. plaasvind nie. Dit sal die begin van ons einde beteken. Veral ten opsigte van ons water.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.