Woord: disnis

Argieffoto (Foto: Shutterstock.com)

Woord:
disnis

Betekenis:
1 Heeltemal oortref of verslaan, kapot of gedaan.
2 Bedwelmd, bewusteloos.

Waar kom dit vandaan?
Deur volksetimologie ontstaan uit Eng. distance (1674) wat “bepaalde afstand” (perdewedrenterm) beteken. Die opvatting het gegeld dat ʼn perd met minstens 100 treë moes wen om die ander perde heeltemal te oortref of te verslaan, dus disnis te hardloop. Eerste optekening in Afr. by Du Toit (1908).

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.