Woord: flussies

Argieffoto (Foto: Icons8_team/Pixabay)

Woord:
flussies

Betekenis:
Kort gelede; so ewe; nou net: En toe Mina die bybeltjie toeslaan, het om die warm vuurkan maar weer dieselfde lied van flussies opgeklink (Jochem van Bruggen).  Flussies was dit ‘n ander storie by hom (J.H. Malan). Sy vrolikheid van flussies is heeltemal weg (J.J. Hattingh). Hy is nou vrymoediger; sy senuweeagtige vlaag van flussies is verby (Mikro).

Waar kom dit vandaan?
Uit verouderde Nederlands flusjes (ongeveer 1600) “aanstons, straks”. Eerste optekeninge in Afrikaans by Pannevis (1880) en Mansvelt (1884).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Abie ·

Ek vind die verbintenis van die woord “flussies” met die verouderde Nederlandse woord ” flusjes” effe vreemd. Ons woord “flussies” verwys na die verlede (nou net, kort gelede) terwyl die ou Nederlandse woord “flusjes”duidelik na die toekoms (aanstons, straks) verwys . Kan iemand my onrustigheid oor hierdie verklaring tot ruste bring? Dankie vir die voorreg om ‘n “Maroela-fonteiner” te mag wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.