Woord:
fraai
Betekenis:
aantreklik, baie mooi, lieflik, sierlik
Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. fraai (Mnl. fray, vray) “mooi”, gesê van persone (1642), asook van sake (o.a. artikels, meublement) (WNT). Eerste optekeninge in Afr. by Pannevis (1880) in die bet. “byzonder mooi” en by Mansvelt (1884) in die bet. “lief, schoon, heerlijk, verrukkelijk, enz”.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red