Woord: gomlastiek

Argieffoto (Foto: alexramos10, Pixabay)

Woord:
gomlastiek

Betekenis:
Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), verwys “gomlastiek” na ʼn elastiese stof wat oorspronklik as ʼn melkerige vloeistof van sekere tropiese bome verkry word. Dié stof stol egter sodra dit aan lug blootgestel word.

“Gomlastiek” word ook kunsmatig vervaardig en ʼn ander woord hiervoor is kunsrubber. Dit het dieselfde eienskappe en voorkoms as die natuurlike stof.

Waar kom dit vandaan?
Die woord “gomlastiek” is van die Nederlandse woorde “gomlastiek” en “gommèlastiek” afgelei. Dit is geselstaal van “gom-elastiek” wat in 1890 opgeteken is en wat na ʼn veerkragtige gom verwys. Die eerste optekening van hierdie woord in Afrikaans verskyn in die Patriotwoordeboek (1902) as “gomlastiik”.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.