Woord:
jokkie
Betekenis:
beroepsruiter in perdewedrenne
Waar kom dit vandaan?
Dié moderne betekenis van jokkie het eeue ná die oorsprong daarvan ontwikkel. ‘n Jokkie was gewoon die Skotse naam vir ‘n seuntjie met die naam Jock of Jack, dus ‘n Jockie of Jackie.
Omdat die jokkies by die wedrenne oor die algemeen korter en kleiner as die deursneeman is, het hulle die naam jokkie gekry. Hulle dienste is gewild omdat die gewig wat ‘n resiesperd in ‘n wedren dra, van die uiterste belang vir die perd se vertoning is en die kort manne min weeg.
Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Meskien noem die Skotte n jong kind “Jocky”(small lad),soos ons Oud Suidwesters n jong springhboklam n “Ghokop” (Namma Taal) noem,,,,,,,,,,!