Woord: lukraak

Argieffoto (Foto: HoliHo, Pixabay)

Woord:
lukraak

Betekenis:
sonder plan, oorleg of patroon, op die geluk af, willekeurig (Engels: “random”)
Ek slaan die boek lukraak oop en lees ʼn stukkie om te kyk of ek daarvan hou.
Op die kampterrein is tente lukraak opgeslaan.

Waar kom dit vandaan?
Die woord lukraak kom uit Nederlands van die sewentiende eeu. Dit is moontlik gevorm uit die verouderde woord luk (“geluk”) en raak (“om ʼn doel te tref”). Die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) verwys egter ook na die groot Woordeboek van die Nederlandse Taal (die WNT), waarvolgens lukraak ʼn samestelling is van luk- (die stam van lukken, “tref”) en die bywoord raak. Lukraak beteken dus “om toevallig raak te tref”.

Wat die uitspraak betref, val die klem in Nederlands aanvanklik op luk-, maar namate die betekenis van die samestellende dele vervaag, verskuif die klem na raak. In Afrikaans hoor ʼn mens beide uitsprake, maar steeds meer dikwels met die klem op luk- (wat klink soos “buk”).

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.