Woord: mossienes

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Woord:
mossienes

Betekenis:
1
Nes van ʼn mossie: Ek (sien) deur die venstertjie die donker kolle van die mossieneste in die bome (F.A. Venter: Kambro-kind, 1979, 256).  Hoor net hoe skel en gaan hulle (die mossies) te kere as ‘n slang tussen die mossieneste beweeg (Unie, Mei 1978, 376).
2 (geselstaal; verouderend) Paneelkissie: Gooi maar baie water by en drink stadig… Daar is glase in die motor se mossienes (Burg., 16 Jul. 1960, Byv., 33).  Dit is stil in die motor … Lizzie het ʼn pakkie lekkers uit die mossienes te voorskyn gehaal en die kleintjies smul lekker (J.M. Janssonius in Huisg., 19 Jul. 1963, 80).

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.