Terugblik: Die Afrikaanse Taalgenootskap word gestig

Gustav Preller, stigterslid van die Afrikaanse Taalgenootskap (Foto: Wikicommons)

Dié week word die stigting van die Afrikaanse Taalgenootskap in 1905 herdenk, bekendes soos Lizz Meiring en Ivan Botha vier hul verjaarsdae en die dood van legendes soos Willem Postma en Henriette Grové word gedenk.

In dié terugblik word gebeure, geboortes, sterftes en uitvindsels ingesluit wat spesifiek relevant tot die Afrikaanse taal is.

Gebeure

13 Desember

Die doel van die ATG was om Afrikaners te oortuig dat Afrikaans as spreek- en skryftaal behoort gebruik te word, om die Afrikaanse taal in ʼn suiwere vorm te ontwikkel en die aankweking en ontwikkeling van ʼn suiwere Suid-Afrikaanse nasionaliteitsgevoel. Die stigting van die ATG, saam met die Afrikaanse Taalvereniging, is as die aanvang van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging beskou.

Geboortes

9 Desember

Lizz Meiring (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hanekom was ʼn baanbreker van Afrikaanse toneelspel. Sy was met Hendrik Hanekom getroud en in 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hulle gesamentlik toegeken.

13 Desember

HB Thom was van 1954 tot sy aftrede in 1969 die rektor van die Universiteit Stellenbosch. In 1983 is hy tot kanselier van die universiteit verkies, maar hy is aan die einde van dieselfde jaar oorlede nadat hy slegs nege maande as kanselier gedien het. Die HB Thom-teater van die universiteit is na hom vernoem.

14 Desember

  • 1867 – Badenhorst (Tant Alie van Transvaal), Afrikaanse patriot en skrywer († 1908)
  • 1931 – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer van romans, kort- en jeugverhale († 2016).

15 Desember

Prof HB Thom (Foto: Wikicommons)

Sterftes

11 Desember

13 Desember

  • 1920 – Willem Postma, een van die eerste voorstanders vir Afrikaans as skryftaal (* 1874).

Het jy geweet? Postma het onder die skuilnaam Dr. O’Kulis geskryf en baanbrekerswerk in Afrikaans gelewer. Hy het bekendheid verwerf vir sy rubriek “Oogdruppels” wat van 6 Oktober 1905 gereeld in die Vriend des Volks verskyn het. Hy het gedurig resepte vir allerlei nasionale oogsiektes gegee, en het oor onderwerpe van die dag, soos die erkenning van Afrikaans as taal, die Vrystaatse onderwysvraagstuk en politieke gebeurtenisse geskryf.

14 Desember

  • 2013 – Zirk Bergh, sanger, skiet drie persone en homself (* 1958).

15 Desember

Vir meer inligting oor geskiedkundige gebeure rondom Afrikaans besoek die Afrikaanse Wikipedia-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.