Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis

Bassam Issa het in sy Audi Q7 by 'n verkeerslig staan en wag toe die aanvallers op hom losgebrand het. Argieffoto.

Bassam Issa het in sy Audi Q7 by ‘n verkeerslig staan en wag toe die aanvallers op hom losgebrand het. Argieffoto.

ʼn Man is Saterdag in sy Audi Q7 by ʼn verkeerslig in Smithstraat in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.

“Bassam Issa (51) is doodgeskiet toe hy in sy voertuig by die verkeerslig staan en wag het,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. “’ʼn Ford Ranger-voertuig het langs hom ingetrek en op hom losgebrand. Die Ranger het kort daarna van die toneel gevlug.”

Paramedici het Issa op die toneel dood verklaar.

Eyewitness News het vroeër berig dat die man ʼn vennoot was van die omstrede Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir. Maar Krejcir het intussen enige verbintenis aan die man ontken. “Ek het geen verbintenis aan die man nie,” het Krejcir aan Sapa gesê. “Ek ken hom net as ʼn inwoner van Bedfordview. Ek weet hy was eensaam, hy was altyd alleen. Ek voel jammer vir hom, maar wat kan mens doen.”

Mogale sê die polisie het reeds met hul voorlopige ondersoek begin. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie het nog nie enige verdagtes nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Hulle het maar net seker gemaak mnr. Bassam praat nie uit nie.
Ek het altyd gedink lande soos Colombia in Suid Amerika is erg. Wat rampokkery, roof, moord en korrupsie betref, kan hulle maar by ons kom leer.
Die volgende op ons storielyn sal “War Lords” soos in Somalia wees.
Daar moet vining van hierdie VROT regering ontslae geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.