Bom by Krejcir-onderneming eis twee

Paramedici op die toneel van die ontploffing. Foto: @Medi_Response/Twitter

Paramedici op die toneel van die ontploffing. Foto: @Medi_Response/Twitter

Twee mense is dood en vyf beseer nadat ʼn bom by Radovan Krejcir se onderneming in Bedfordview aan die Oos-Rand ontplof het.

Die polisie is na wat verneem word steeds op die toneel oorkant die Eastgate-winkelsentrum nadat die bom laat gistermiddag ontplof het. Die ontploffing het op die hoek van Bradford- en Nicolstraat plaasgevind. Forensiese kundiges het aan SAPA gesê dat ʼn gedeelte van die onderneming se dak meegegee het weens die ontploffing. “Ons moet nog uitvind watter tipe bom gebruik is,” het een van die deskundiges gesê. Die oorledenes se liggame was na middernag steeds in die gebou en sal na verwagting vanoggend verwyder word. Die beseerdes is na die Bedford Gardens-hospitaal geneem vir behandeling.

Krejcir, ʼn beweerde Mafia-baas in die Oos-Randse onderwêreld, het in Julie vanjaar ’n skynbare aanslag op sy lewe voor dieselfde onderneming oorleef. Sy motor is deur verskeie koeëls getref. Drie weke voor dit is daar by die onderneming ingebreek en meer as R3 miljoen se juwele is gebuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Seg ·

AmY stem saam. Mafia hier in die land met regering toestemming. Sal graag wil sien wie is op sy betaal state.

Rieks ·

Ek wonder of die persone nie TE veel geweet het nie? Ek lees op news 24 dat dit een van sy regter hande is wat in die ontploffing gedood is. Laat mens maar net wonder …

Seg ·

Rieks daardie soort mafia bendes duld nie tee praat, teenstand of intimidasie toe nie, nie eers van sy eie werkers of selfs familie nie.

Peter Se ·

Mmm Seg, ja geld wat stom is, maar dan weer ook net n kwesie van tyd, n kat het NET 9 lewens…Live by the sword…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.