Kensington-paleis het Maandagoggend aangekondig die hertogin van Cambridge is in die hospitaal opgeneem met vroeë kraampyne.
Kate Middleton en prins William het per motor na die hospitaal gereis, het paleisbeamptes gesê. Die hertogin se bevalling sal in ʼn private vleuel van die St Mary’s-hospitaal in Paddington, Londen, plaasvind.
Die amptelike aankondiging is deur mediese beamptes onderteken en in die voorhof van Buckingham-paleis uitgestal.
Die geslag van die baba en die naam is nog nie bekend gemaak nie.
Lees ook:
Wêreld wag (on)geduldig vir koninklike baba
Rekordgetalle vir beroepswedders oor koninklike baba
William en Kate se baba in Julie verwag
Radioprogram ná fopoproep gekanselleer
Fopoproep-verpleegster dood aangetref
Video: Kate is ontslaan