Die hertog en hertogin van Cambridge se baba is Maandag om 16:24 gebore.
Lees meerAlles vir Maandag 22 Julie 2013
Law & Order-akteur oorlede
Die akteur, Dennis Farina, wat bekendheid verwerf het vir sy rol as speurder Joe Fontana in Law & Order, is Maandag in Scottsdale, Arizona dood.
Video: Produsentepryse moet verhoog word
Asof die styging in die prys van brandstof en elektrisiteit nie rééds genoeg druk op verbruikers plaas nie, word die verhoging van kospryse nou ál hoe meer ‘n werklikheid.
Video: Nuwe feesterrein vir Aardklop
Die Aardklop-kunstefees vind wel eers oor twee maande plaas, maar daar is die naweek gróót partytjie gehou ter afwagting daarvan.
Kinderoppasser mishandel glo baba
‘n Vrou het Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn nadat sy glo ‘n 10 maande oue baba, na wie sy omgesien het, aangerand het.
Waarskuwing vir paartjies wat kafoefel
Die polisie in die Noord-Kaap het paartjies gewaarsku om op hul hoede te wees in die gebied naby Kimberley wat as “minnaars se den” [lover’s den] bekend staan.
Leeuwyfie gryp 10-jarige
Johan Opperman (10) is Saterdag by die Zanchieta-wildekatplaas beseer toe ‘n leeuwyfie na hom gegryp het.
Hansie Cronje nadoods aangekla
Hansie Cronje is die enigste krieketspeler wat in die klagstaat van die Delhi-polisie, wat verband hou met wedstrydknoeiery van 2000, voorkom. Die klagstaat is Maandag, meer as 13 jaar ná die voorval, by ‘n hof ingedien.
Passasiers se heldedaad om vrou te bevry
Passasiers het ʼn 32-ton treinwa van ʼn platform in Japan weggestoot om ʼn vrou, wat in die 20cm-gaping tussen die trein en platform beland het, te bevry.
Verdagtes soek ná Pick n Pay-roof
Die Valke in Welkom, Vrystaat, is tans op soek na verskeie verdagtes ná ʼn rooftog by ʼn supermark Maandagoggend.
Renoster deurboor man
‘n Man wat in Nepal visgevang het, is dood nadat ʼn renoster hom deurboor het.
13-jaaroue moord: Verdagtes nou staatsgetuies
Drie van die beskuldigdes in die Betty Ketani-moordsaak het skuldig gepleit en ligter vonnisse ontvang indien hulle vir die staat sal getuig wanneer die saak hervat.
NUM-man toe nie dood nie
ʼn Lid van die National Union of Mineworkers (NUM) wat Sondag op pad na ʼn NUM-byeenkoms aangeval is, sterk in die hospitaal aan nadat NUM Maandagoggend berig het hy is dood.
Foto’s: SA’ners gaan van Rusland na Amerika swem
Vyf Suid-Afrikaners gaan aan die begin van Augustus as ʼn aflosspan die 110km regoor die ysige see tussen Rusland en Amerika aanpak.
Openbare Beskermer ontvang meer Nkandla-inligting
Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het glo meer inligting ontvang vir haar ondersoek na die opgradering van pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Video: Pluimbal-spanmaats swaai appels
Die Pluimbal Wêreldfederasie sal ʼn ondersoek doen ná ʼn onderonsie wat Sondag tussen twee voormalige spanmaats by Kanada se dubbelspelfinaal uitgebreek het.
Video: Vrou dood na sy uit tuimeltrein val
Rosy Esparza (52) van Dallas, Texas, is dood nadat sy Vrydag uit ʼn tuimeltrein by Six Flags Over Texas geval het.
Verkragte Noorweegse vrou vrygelaat
ʼn Noorweegse vrou wat in ʼn hofgeding beland het ná ʼn verkragting in Dubai, is glo vrygespreek en kan die land verlaat
Video: Boer moet hof toe na hy glo werker aanval
ʼn Boer van die Wes-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn werknemer, Flippie Engelbrecht (19) só aangerand het dat hy blind en met epilepsie gelaat is, sal binnekort in die Ashton-streekshof verskyn, het The Star Maandag berig.
Maroela Media Top 20 – 22 Julie 2013
Dis hoe ons rol – Jay Tyd om te lewe – Riana Nel Dans my – Koos van der Merwe Eendag as ons groot is…