Krejcir weer in die hof

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Die veroordeelde krimineel Radovan Krejcir se uitleweringsverhoor duur Donderdag voort in die Kempton Parkse landdroshof.

Krejcir wil in Suid-Afrika bly en staan pogings deur die Nasionale Vervolgingsgesag teë om hom aan sy land van herkoms, die Tsjeggiese Republiek, uit te lewer waar hy tronkstraf van 11 jaar moet uitdien.

Die vlugtelingsappèlraad het verlede jaar geweier om hom vlugtelingstatus toe te ken. Hy het appèl aangeteken teen dié besluit. Die staat en die verdediging het ingestem om die saak uit te stel totdat die raad ‘n finale besluit geneem het.

Krejcir is verlede jaar in absentia in die Tsjeggiese Republiek gevonnis vir geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

akram ·

Stuur hom terug. Hier gaan hy net mooi niks oorkom nie en sy boosheid voortsit.

piet ·

DAAR WORD NOG GEONDERHANDEL OOR DIE PRYS OM HIER TE BLY OF OM UITGELEWER TE WORD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.