“Richard Mdluli moet teregstaan”

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) is Maandag beveel om kriminele aanklagte teen Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, weer in te stel.

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n besluit van die NDOV om kriminele klagtes teen Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het verder ook ʼn besluit om Mdluli weer in sy pos as nasionale kommissaris van polisie en hoof van misdaadintelligensie aan te stel, ter syde gestel.

Regter John Murpy het gesê verskeie aanklagte, asook dissiplinêre optrede, teen Mdluli moet “sonder versuim” weer ingestel word.

Mdluli word onder andere van bedrog en korrupsie aangekla. Hy het ook al ʼn aanklag van moord teen hom gehad.

Die regsorganisasie Freedom Under Law het ’n aansoek by die hof ingedien waarin hulle versoek het dat die tersydestelling van aanklagte wat teen hom onttrek is, hersien moes word, nadat hy onlangs op dié aanklagte vrygespreek is. Hulle het ook gevra dat ernstige bewerings van moord, ontvoering, korrupsie, bedrog en magsmisbruik ondersoek moet word.

Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert Malan ·

Dankie tog, daar is darem nog geregtigheid. Ek wonder of Zumpie weet hiervan? Hy sal seker briesend wees as hy weet een van sy bondgenote moet verduidelik hoekom hy drooggemaak het. Aan die anderkant, Mdluli doen regeringbeleid gestant – die enigste voorwaarde is hy moet net skuldig bevind word, dan is hy verseker van ‘n baie meer senior posisie in die regering. You ANC-nothing yet!!

MITZ MALAN ·

Ja-nee! Dit is verskriklik om te dink dat die sogenaamde ‘hoë’s’ van die land aan wie die regeer en bestuur van die land toevertrou is, eintlik daardie ‘mense’ is teen wie ons ouers ons gewaarsku het. Die vraag van ‘waar gaan dit alles eindig’ kom al hoe meer en meer voor. En ek staan verstom dat dit maar net voortgaan soos ‘n vragmotor sonder remme wat nie gestop kan word nie.

Erich Goosen ·

Ek verwelkom die hofbeslissing en wil Adv Glynnis Breytenbach uitsonder vir haar aandeel hierin. Wat my egter bekommer is dat die NVG (gedagtig aan hul onlangse optrede waar hul duidelik hul bevooroordeeldheid gewys het) dalk met opset ‘n swak aanklaer sal aanstel met die opdrag om die vervolging op te mors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.