Lesersbrief: Die ossewa in die stad

suv-in-stad

Foto: Todd Cravens/Unsplash.com

Pietie Potlood skryf:

ʼn Interessante tafereeltjie het hom die afgelope Saterdag by een van ons plaaslike winkels afgespeel.

ʼn Klein huisvroutjie het haar massiewe “ossewa” probeer parkeer. Ná 10 minute se gesukkel om hom netjies tussen die strepe te kry, duik daar ʼn volgende probleem op. Die deur kan net op ʼn skrefie oop, want aan weerskante staan twee ewe groot waens geparkeer. Die leer wat benodig word om vanaf die meter hoë wa te klim is nie nou van hulp nie, wat haar noodsaak om ʼn onvleiende sprongetjie tot op die grond te maak. ʼn Suksesvolle parkeerprojek is uitgevoer.

Gauteng is een van die digs bevolkte gebiede met meer as 800 mense per vierkante meter. Dus, die lugbesoedeling is grootliks die gevolg van ons groot-kar-spoggerige-mens-mentaliteit. Wat van by die “klein dingetjies” begin en eerder ʼn ingesteldheid ontwikkel van hoe kleiner jou ryding, hoe skoner sal ons omgewing wees?

Verruil daai ossewa van jou vir ʼn praktiese, “skoner” nutsbuksie, Mevrou (of Meneer). Dis tog veel goedkoper – en natuurlik makliker om te parkeer.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Philip ·

Meer as 800 mense per vierkante meter? Ek weet daar is baie mense in Gauteng, maar dit is darem te dik vir ‘n daaler …

John ·

…. so bietjie jaloesie hier, Pietie? En so ‘n klein sosialistiese prekie. Hoekom die tannie so dophou? Weet jou antie hiervan?

Liberaal ·

Ons mag nie dink aan petrol en hulpbronne wat opraak nie, ons moet die weeldebeelde in liberale massamediaadvertensies opeet en glo sonder vrae vra. Ons het ‘n paar globale supperryk meesters wat baie geld uit die verbruikerskultuur maak, al is dit net oor die korttermyn.

WIEBO ·

Ek het by The Club sentrum in Hazelwood Pretoria gewerk. Vanuit my kantoor venster op die 2e vloer, het ek afgekyk op die parkeer terrein. ELKE dag het ek gesien hoe die dames sukkel om hulle groot waens geparkeer te kry. Vorentoe, agtertoe, heen en weer………. Dan kom hulle uit Woollies gestap met n plastiek sakkie……. Dan begin die sports eers. Nou moet sy in trurat uit die parkeerplek kom. Ek en my kollegas het telke male geskater van die lag vir die dames wat sooooo sukkel met die groot waens. Hoekom ry hulle die goed as hulle so sukkel? Is alles die moeite werd net om te kan “afshow” met die groot waens? Wel, ek weet, julle sukkel julle dingese afen ry glad nie lekker nie………

anneke ·

tafereeltjie – nog in my ganse bestaan nie gehoor van die word nie. Dankie Mnr Potloot vir die bekend stelling.

HAAS ·

Ek ry ook ‘n OSSEWA, ongelukkig nodig vir die werk wat ek doen… Ek het geleer om liewer ‘n bietjie verder te loop, kyk uit vir die “oper” parkeer areas. Een van die winkels hier in Durban het ‘n spesiale parkeer area vir ons ouens met die klein “voete”, waar die parkeer plekke bietjie weier is, maar….. Hier kom die sports….. Ons vrinne met die “fency” karre parkeer ook daar…. Dubbel oor die lyn, “reverse” parking…. Nogal iets om te sien hoe daai voertuig skeef-skeef daar-in getrek word.

Selfbeeldprob ·

Hoe groter die selfbeeldprobleem, hoe groter die wa.

Gert ·

Dit laat mens dink aan die groot ouens, in die groot bakkies, gewoonlik met ‘n stel blou of pienk balle wat aan die haak hang, hier in die ooste van Pretoria, wie soms so baie onbeskof en meerderwaardig optree. Die taxi bestuurders is gewoonlik meer bedagsaam. En dit se nogal iets.

Edna ·

@Gert, ja dit is die ongeskikste mense, hulle sit gewoonlik met agressieprobleme ook.

Frik ·

Ek verkies om in my 3 ton ossewa te wees wanneer n TAXI besluit om te ry soos hy wil en ek aan die ontvang kant is in n kruising .

Frik ·

Al gedink dit is nodig vir werk . My selfbeeld makeer niks en ek kan dit bekostig.

Karl ·

Sê ek ook Frik, niks fout met my selfbeeld nie, ek geniet my groot SUV en my vrou geniet hare, kan dit bekostig, en dis n plesier om te ry. Sal nooit kleiner gaan nie.

Sakeman ·

@Karl, ons verantwoordelike sakemanne doen stilweg al minder sake met mense soos jy vir voorsieningskettingverantwoordelikheidsverpligtinge. Dink aan die omgewing ook asseblief, en aan jou kinders se toekoms.

Jaloesie nie ·

Groot karre is die slegste wat jy met jou rykdom kan doen. Ek bele oorsee eerder. Jou kar gaan maar net gehijac word in die land, of depresieer as jy gelukkig is en oor 5 jaar het jy niks om daarvoor te wys.

Karl ·

@Sakeman, ek het géén tekort aan besigheid nie, ons verantwoordelike sakemanne doen minder en minder besigheid in SA of met Saffas.

Lorinda Gerber ·

Wens ek het `n groot ossewa gehad, want `n klein nutsbuksie raak weg in al die slaggate op ons paaie …

Belas ·

Lyk my baie mense betaal nog nie genoeg belasting en heffings op brandstof nie.

Dis ekke daai! ·

Ja, ek sal dit nou maar hier erken, dit is ekke daardie! Al verskil is seker ek is ʼn werkende mamma en ry ‘n bakkie vir ‘n ossewa.
Die bakkie het ek verniet gekry en vir motorpaaiment sien ek beslis nie in dié ekonomiese klimaat kans nie, so die kanse vir eko-vriendelike buksie van ‘n motor in die nabye toekoms is maar min.
Ja, mening maal was dit ekke wat ses keer se driepuntdraaie gedoen het om by die al-smaller-wordende parkeerplekke in te wurm en dan daardie vreeslik onvleiende sprong uit die bakkie gemaak het net om myself tussen die twee voertuie uit te wurm.
En terwyl ek nou bieg wil ek ook net dankie sê vir elke persoon wat al alles gelos het om my uit die parkering uit te beduie – gewone mense – sonder ʼn verwagtinge. Dit is julle wat elke keer my geloof in die mensdom ‘n bietjie herstel het. En vir die winkelsentrums met ‘mommy parking’ – julle maak my lewe regtig makliker – duisende dankies daarvoor!

Wat van jou kinders ·

Werkende mamma, waarom dink jy nie aan jou kinders se toekoms nie, daar is net een wereld.

Victor ·

Wenners gaan vir platter kleiner (sport) karre of stylvolle slanke karre, onsekeres gaan vir groter karre.

Patriot ·

Ek wens vir `n groot ossewa, maar ai… die geld en die petrol maak ons klaar!

ai ·

Haha ooo lag ek nou vir party hier. Vir my is die HEEL lagwekkendste die kêrels met die “uitkampwa” met snorkel en ewiglik tent-pakkasie-storie op die dakrak – kyk mense ek kan so wa koop. Kamp gaan hul meestal nooit. dis net soos die 4×4 wat nooit ooit in die bosse gaan ry nie. Nee, ek is nie jaloers en ja, ons kan een bekostig sou ons WOU, maar WIL nie wat.

marco polo ·

Darem nie almal nie, hoor. My ou Land Rover staan in n stoor met sy snorkel en dakrak en kampgoed, maar as ek in SA is, werk hy aanmekaar, in die bosse en woestyne, en alles word gebruik.

Kamper en Drywer ·

Ons is deel van die kampers en ons gebruik hom nie, ons misbruik hom al te gereel (winter en somer). Maar ek is ook n skramse 1.6m en selfs my kindjie se klere pas my en as ek daardie ossewa van my man ry voel ek of ek verdwaal in hom en om te parkeer is amper onmoontlik (dis hoekom ek my geld eerder op ‘n klein karretjie spandeer het) maar net soos *Dis ekke daai* is die ossewa verniet verskaf omdat die werk van dit afhang.

En ook net soos *Dis ekke daai*, moet ek uitspring en gereeld DANKIE se vir iemand wat sonder “judgment” help om die monster in ‘n plekkie te in of uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.