Lesersbrief: Dawid, jou yster!

Magda Maas skryf:

bybel-01

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

Ek dwarrel vanoggend weer so deur 1 Sameul 17 en hierdie teks herinner my dat elkeen van ons se liefde vir God en sy kerk ʼn hartstog behoort te wees.

ʼn Avontuur waar ons soos Dawid vir sy broers op die slagveld gaan kuier het en verras was dat Goliat al 40 dae homself soos ʼn barbaar voor God se volk gedra met sy vieslike en afbrekende uitlokking. Erger nog, almal was doodbang vir die reus met die vuil bek.

Dawid wou weet wat sal gebeur met die man wat die reus doodmaak en hierdie lawaai stopsit. Hy vra tereg in vers 16 wie dink hy miskien is hy dat hy so met die manskappe van die lewende God spot. Steeds kruip die manskappe weg.

Net daar wip Dawid hom en doen iets. Hy is heeltemal oortuig dat die God van Israel nie hierdie afkraking sal duld nie en hy wat Dawid is gaan nie net staan en kyk nie. Hy het al ʼn beer met sy kaal hande doodgemaak, die Filistyn is niks meer as dit nie.

“Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom teen my veg met ʼn swaard en ʼn spies en ʼn kromswaard, maar ek veg teen jou in die Naam van die magtige Here, die God van die manskappe van Israel, met wie jy gespot het.” (1 Sameul 17:45).

Ek is oortuig dat die meeste van ons nie werklik die grootheid van God besef nie. Jy, liewe Christen, pak jou wapen-klippe uit – gebed, geloof, deursettingsvermoë, gesonde verstand en wysheid.

Kom ons hou op wegkruip agter verskonings en sonde en sit die reuse op hul plek.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Magda, baie dankie vir hierdie wel deurdagte brief.

Dit herinner my aan Gideon en Daniël en ons Boere volk.

Niks is ooit onmoontlik vir ons Here nie. HY is onveranderlik EK IS.
Amen.

Strandloper ·

Dankie vir die eye opener…ons wil eers alles self doen. Vertrou op Hom en alles is moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.