Lesersbrief: VBS – wanneer word daar opgetree?

Theo Stehle van Knysna skryf:

(Foto: GULSHAN KHAN/AFP)

Dis goed en wel dat daar op oudpres. Jacob Zuma se bates beslag gelê word vir sy onbetaalde skuld aan die VBS-bank.

Maar wat van optrede deur die beslagleggingseenheid teen die ander geïdentifiseerde betrokkenes van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) in die VBS-bankskandaal se diefstal en bedrog van staatsdienspensioenfondslede se aftreegeld?

Het die beslagleggingseenheid al begin om op die twee skuldige OBK-amptenare, wat aangestel is op die direksie van die VBS om pensionarisse se belange te beskerm, se bates beslag te lê? Daar word verneem dat hulle blykbaar besig is om die miljoene, wat hulle wederregtelik verkry het, op hulself te blaas.

Dit wil voorkom of die bevindinge en aanbevelings van die Mpati-kommissie van ondersoek na ongerymdhede by die OBK, wat die VBS-skandaal insluit, aan die agterspeen suig – of onder die mat ingevee word.

Of verkies die regering dat die Mpati-kommissie se aanbevelings ʼn stille dood sterf in die skadu van die Zondo-kommissie se veel wyer ondersoek? Onder meer omdat hy die pensioengeld, wat die OBK as staatskorporasie namens die lede van die GEPF belê, as sy private melkkoei beskou?

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.