Lesersbriewe: Opposisiepartye sal ANC nie kan ontsetel nie

Maarten Kruger skryf:

Die onderskeie leiers van die sewe partye wat deel uitmaak van die Veelpartyhandves. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die samewerking van die partye wat deelneem aan die veelparty-pakt is ʼn stap in die regte rigting. Iets wat ek self al lankal bepleit het.

Die probleem wat ek egter het, is dit. In die afgelope 30 jaar het die ANC net gemaak wat hy wou in die land. Ons sit met ʼn voormalige president wat ʼn bespotting maak van die land se regstelsel. Soos dit wil voorkom was dieselfde individu verantwoordelik gewees vir die sogenaamde “staatskaping”.

Beloftes is verlede jaar Augustus gemaak dat die “hoof” van die staatskaping, soos aangedui in die Zondo-verslag, teen die einde van September 2022 in die hof sou verskyn. Niks het hiervan gekom nie.

Sedert die ANC in 1994 oorgeneem het, het die land se paaie, spoornetwerk, hawens, SAL, staatsdepartemente en SAPD, om maar ʼn paar te noem, basies ophou funksioneer.

Nie een van die huidige opposisiepartye kon iets daaraan doen nie.

Ek self het al met mnr. Groenewald e-posse gewissel waarin hy my verseker het dat hulle die land se regstelsel gaan gebruik om die ANC op die regte pad te hou.

ʼn Week terug het ons land se president vir ons gewys hoe min hy dink van ons regstelsel toe hy ʼn man wat deur verskeie regters tronk toe gestuur is, binne ure vrygelaat het. En sommer saam met hom 9 000 ander kriminele en dit in ʼn land waar misdaad buite beheer is.

Die ANC het in die laaste verkiesing meer stemme gekry as al die ander opposisiepartye saam.

Minder as ʼn week terug het me. Zille baie dapper uitgeblaker dat die ANC nog in haar leeftyd uitgestem sou word. Ek het dadelik toe ek dit hoor gedink aan die film Highlander wat ek in die 1980’s gesien het.

Hier was die held amper 500 jaar oud gewees. Miskien beplan me. Zille so iets.

Die kans dat die ANC uitgestem gaan word, is amper dieselfde as wat die NP uitgestem sou word. Die NP moes einde ten laaste die land weggee om “uitgestem” te word.

My punt is dit. Daar is geen kans dat enige van die partye die leisels by die ANC gaan oorneem nie.

As die opposisiepartye in 30 jaar nie die ANC kon verhoed om die land te besteel en vernietig nie, hoe gaan hulle nou, dat die ANC basies die regstelsel ook gekaap het, dit regkry om die wa om te draai.

Mors ons nie maar net ons tyd om te gaan stem nie?

Die opposisie het miskien die ANC se spoed gebreek, maar aan die einde van die dag het die ANC tog maar net gemaak wat hy wou.

Het die mense ʼn werklike oplossing om die ANC te stop of gaan ons die volgende 30 jaar ook net leë beloftes aanhoor?

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Blikkies ·

Martin Kruger, dankie vir jou skryfstuk.
Ek is van mening dat elke persoon sy eie opinie oor hierdie vraag gaan uitspreek. Vir die toekoms van die land en vir die jonger geslag wat so ver moontlik in ‘n land van voorspoed en sukses wil leef sal iemand iets moet probeer om die dinamika van die ANC te breek of te verander. Dt gaan beslis nie oornag gebeur nie, maar stelsematig met meer druk op die ANC en hopelik or ‘n tyd met sterker veelparty politieke groepe. My opinie is die ANC huidiglik hulle eie grootste vyand en ek dink die gety kan draai, dalk nie met die volgende verkiesing nie maar wel vorentoe. Sterkte.

Fluisterwind ·

Terwyl daar nie ‘n maklike oplossing is nie, is daar potensiaal vir verandering en groei. Dit sal egter vereis dat mense as aktiewe burgers optree, samewerk, en verandering in die regte rigting aandryf. Deur dit te doen, kan die samelewing die geleentheid hê om geleidelik die uitdagings aan te spreek en ‘n positiewe impak op die toekoms van Suid-Afrika te maak.

Nettie ·

Ja, soos daar die afgelope 30 jaar “potensiaal vir verandering en groei” was?

Hoe lank leef mense in vals hoop? Net om die volgende draai is die pot goud onder die reënboog. Nee, om die volgende draai. OK, rerig om die volgende een….

Sarel ·

Dankie Martin. Nou is die tyd om aksies soos hierdie eerder te ondersteun as te bevraagteken. Ondersteuning kan ‘n groot opbou van positiwiteit tot gevolg hê, juis omdat dit die eerste keer is dat daar hoop is – al beteken dit dat die hoop net soveel druk op die ANC sal plaas dat hulle nie meer maklik kan weghardloop met hulle roekelose bestuur nie – dus ‘n soort brie aandraai-aksie. Maar ek glo die hoop-faktor gaan al die sluimerende stemme – diegene wat moedeloos geword het om te stem – wakker maak en ons is dalk in vir ‘n verrassing.

B-Man ·

Ja-nee. Alle stemgeregdigdes moet gaan stem, net nie vir ANC of EFF nie!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Selfs al begin die pakt veld wen sal die ANC drasties ingryp om die groep te destabiliseer, net soos ZANU-PF. Dis onwaarskynlik dat die DA so ‘n aanslag sal oorleef. Hulle beskik nie oor hardebaarde nie. Die pakt moet hul fluweelhandskoene uittrek en ander strategië gebruik. Hier kan die pro-Wes vs pro-Oos debat as ‘n doel dien. ‘n Anti-Brics persverkaring kan uitgereik word met ‘n dreigement dat SA onder nuwe bewind uit Brics gaan bedank. Skep verwarring. Die Wes-Kaap kan openlik sterk multilaterale bande met die weste opbou, ondanks die ANC se waarskuwings. Die township jeug hou van alles wat Amerikaans is, van basketbal tot rap. Gebruik dit tot die pakt se voordeel, met die sterre en strepe as tema. Die ANC se hart moet uitgeruk word, stuk vir stuk. Identifiseer eers hul fondasies en die swak plekke in die ketting wat hul hart beskerm. Een daarvan is hul behoefte aan geld om aan die lewe te bly. Dis hul suurstof. Die stembus gaan die ANC nie onttroon nie. Maak nuwe planne.

Fluisterwind ·

Dit is belangrik om te onthou dat politieke prosesse kompleks en dinamies is. Die opbou van ‘n sterk en lewensvatbare alternatief vereis deeglike beplanning, strategiese kommunikasie, en die vermoë om die behoeftes en wense van die samelewing te verteenwoordig. Enige benadering moet voldoen aan die beginsels van demokrasie, etiek, en regverdigheid.

Republikein in die Wes Kaap ·

In die Weste, ja. Maar ons is in Afrika. Dinge hier werk anders, en dit werk vir die ANC. Wat help ‘n eerbare en lang verkiesingsmanifes indien die bevolking sukkel om te lees en te verstaan. ‘n Saamtrek met rap sangers wat boodskappe oor die mikrofoon uitblêr is beter as ellelinge vergaderings. Met basket en hotdogs as vermaak waar politici ook teenwoordig is. Mans in pakke maak nie meer indruk nie.

Nettie ·

Presies. Ek stem saam. Ons redding gaan nie deur die stembus kom nie!
Tyd om ander opsies te oorweeg.

Goldy ·

Lyk my nie daar word inag geneem wat die opposisiepartye al gedoen het intussen nie. Wens net die DA wil nou hul voorreg soos gegee deur die VF gebruik vir weskaapse verkiesing, maar hul dink nog hul gaan nasionaal wen wat nie gaan gebeur nie soos jy sê.

Fluisterwind ·

Dit is belangrik om te onthou dat elke verkiesing en situasie uniek is en dat die uiteindelike gevolge afhang van ‘n verskeidenheid faktore, insluitend die redes agter die opkoms of wegbly van kiesers, die politieke klimaat, en die doeltreffendheid van die politieke partye se kommunikasie en strategieë. Onthou Gideon het die Midianiete verslaan met net 300 manne, wat eintlik niks gedoen het nie.

Fluisterwind ·

Dit is belangrik om te onthou dat elke verkiesing en situasie uniek is en dat die uiteindelike gevolge afhang van ‘n verskeidenheid faktore, insluitend die redes agter die opkoms of wegbly van kiesers, die politieke klimaat, en die doeltreffendheid van die politieke partye se kommunikasie en strategieë. Onthou Gideon het die Midianiete verslaan met net 300 manne, wat eintlik niks gedoen het nie.

piet ·

Watse “voorreg” het die VF die DA gegee? Die DA het nie die VF nodig om in die WK te regeer nie. Die VF is ‘n piepklein partytjie wat sy plafon bereik het.

Wielspore ·

Geld en mag loop hand aan hand! Om die ANC te ontsetel gaan nie net uitstluitlik oor die getalle by die stembus, dit gaan ook daaroor om ontslae te raak van die ANC lede wat nie in belang van die land optree en bloot hul posisie gebruik om geld bymekaar te maak. CR is ongelukking ook net daarop uit om geld te maak vir eie gewin, sy mags posisie word nie deur my en jou bepaal, eerder die mense wat hy aanstel en gelukkig hou met geld. Die KFC pot het klein geword en die steun vir die ANC het afgeneem, heelwat beter leiers van die ander partye het vorentoe getree en hulle self bewys. Na my mening gaan die ANC met die volgende verkiesing ‘n bloedneus kry.

Koos 100 ·

Maarten. Die vorige president maak nie ‘n bespotting van die regstelsel nie. Die huidige een doen. Die vorige een wys die skuiwergate uit wat in ons regstelsel bestaan en gebruik dit tot sy eie voordeel. Hierdie gate moet toegestop word, en die huidige regering sal dit nie doen nie.
Dan oor die ANC en hulle regering. Hulle steun taan. Die ouer garde sterf uit en die opkomende geslagte is minder gepla oor tradisie en meer oor oorlewing. Kyk na die gemiddelde ouderdom van die kabinetslede en wonder maar oor hoekom daar nie baie meer jong (<50) lede is nie. Die probleem is dat die jonger geslag geen alternatief het om voor te stem nie, behalwe die EFF. Daar moet alternatiewe kom en hierdie "moonpact" is die eerste, regte stap. Moontlik nie die finale produk nie, maar 'n begin.

JACF ·

Lees graag die kommentare rakende die onderwerp. Dit val my op dat daar ‘n deel van ons mense is wat steeds weer wil gaan stem. Ons leer klaarblyklik stadig of nooit.
Die vooruitstrewende land is by ‘n stembus weggestem met gevolglike oorhandiging aan mense wat nie bevoeg is om die land op aanvaarde beginsels te regeer nie.
Misdaad en korrupsie vier hoogty. Lees maar hoe die polisie by misdaad betrokke is.
Nou is daar politieke leiers wat in koalisie wil gaan met allerhande politieke partye.

Truman Burbank ·

As verkiesings n verskil gemaak het, sou dit onwettig wees

Chris ·

Ek sien daar is nou ‘n opgewondenheid in die lug oor die nuwe bende wat gestig is om die ANC uit die kussings te lig. Dit klink vir my so mooi en edel. Almal sien uit na daardie dag. Ek is egter skepties en bevrees, so maklik gaan dit nie gaan nie. Eersten gaan die struikrowerbende dit nie toelaat nie. Tweedens gaan die bende se meesters dit nie toelaat nie. Derdens wie is daar om oor te vat? Die “party/beweging” wat die huidige trop wil uitskop moet ‘n beleid/raamwerk/alternatief vir die regime wees. Nie ‘n opposisie bewegingtjie wat geen werkbare alternatief vir die huidige lot het nie. Die grootste struikelblokke is etnisiteit en ego’s (arrogansie). Gee organisasie sal kan werk met die gedagte om net die regerende bende uit die kussings te lig nie. Wat bring die nuwe ouens tafel toe. Maklik om te konsentreer op die foute van die regime. Kom met iets nuuts, dinamies, werkbaar en wat die gepeupel se aandag trek. Laat hulle koek eet. Westerse demokratiese werk nie in Afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.