Oudhoofseun se ope brief aan Grantleigh

Sinjon Moffett was in 2011 hoofseun aan die Grantleigh- private skool in Richardsbaai, KwaZulu-Natal. Die skool is die afgelope week in omstredenheid gedompel nadat kunswerke van ʼn leerder waarin “sataniese” beelde uitgebeeld word, by dié Christelike spogskool uitgestal is.

Hier volg Moffett se ope brief aan die skool:

Sinjon Moffett. Foto: Verskaf

Geagte Grantleigh-personeel en in die besonder, mnr. Andrew Norris,

Soos baie ander Suid-Afrikaners, het ek ook die afgelope week die kunswerk gesien wat deur een van u graad 12-leerders gedoen is, en wat deel van die jaareinduitstalling vorm. Ek het ook die wydverspreide herrie, as reaksie op die uitstal van die kunswerk, gevolg.

Verder het ek ook die skool se amptelike antwoord daarop gelees. As oudleerder van Grantleigh en verteenwoordiger van die Christelike geloof, glo ek dat dit my verantwoordelikheid is om my diep teleurstelling oor hierdie kwessie uit te spreek. Maar laat my toe om eers die volgende onder u aandag te bring:

  1. Die feit dat hierdie kunswerk deel gevorm het van die studente se finale voorlegging aan die Onafhanklike Eksamenraad (IEB Final Submission), beteken hoegenaamd nie dat Grantleigh nie die verantwoordelikheid vir die finale produk moet dra nie. Alle prestasies wat Grantleigh-leerders bereik en lofbetuigings wat hulle tot dusver ontvang het, is as gevolg van die uitnemende onderrig wat deur dié skool aangebied word. Dit, met goeie rede. Leerders is in der waarheid uiteindelik so goed soos die geleenthede wat hulle gebied word en hoe daar na hulle omgesien word. Maar dit impliseer dan ook dat Grantleigh veronderstel is om volle verantwoordelikheid vir hierdie leerder se kunswerk te dra, soos toe die leerder openlik deur die skool geprys is.
  2. “Vryheid van uitdrukking” is ongelukkig nie ’n aanvaarbare regverdiging of verskoning nie. U hoef nie voor te gee dat Grantleigh sy leerders toelaat om hul onbeheerste persoonlike menings en gelowe uit te druk nie. Dit is allermins die waarheid, en ek sê dit as lof aan u. Gedurende die tyd wat ek aan Grantleigh skoolgegaan het, het ek self gesien hoe ’n aantal studente, wat hul rassistiese en homofobiese standpunte vrylik gelug het, summier gestop is en vervolgens deur die personeel gestraf is – niks minder as reg nie. Die skool en sy hele personeel is aktief betrokke by die vorming van die denke van die leerders juis om ’n oop, maar ook deernisvolle wêreldbeskouing te ontwikkel.
  3. Die kunstegniek wat deur die student gebruik is, is duidelik uitsonderlik. Behalwe die feit dat ’n aantal stukke byna plagiaat is in die eendersheid tot ander internasionale kunstenaars se werke, is dit duidelik dat hierdie student ’n uitsonderlik talentvolle individu is. Maar die eerste les van kontemporêre kuns is dat dit gaan oor die boodskap en nie die metode nie. Enige kunsonderwyser of -entoesias sal hiermee saamstem, aangesien dit die algemene begrip van kuns sedert die tyd van Duchamp is. En dít verwyder die vooruitsig op enige verduideliking dat die leerder se kunswerk uiters knap gedoen en daarom eer moet ontvang.
  4. Kinders word maklik beïnvloed. Ek praat nie nou van die jong volwassenes in graad 8 tot 12 nie. Nee, ek verwys na die kleiner kinders, so oud soos vyf jaar, wat vrye toegang tot die skoolsaal het en dus ook tot genoemde kunswerke. Bo en behalwe die geloofstryd wat die kunswerk uitbeeld, is dit objektief beskou, wreed en grafies. Dit is logies dat die openbare uitstal van hierdie werke binne ’n beskutte skoolopset, uiters onverantwoordelik is en ’n totale nalatigheid van die personeelraad. ’n Skool is veronderstel om ’n plek te wees waar drome geïnspireer word, nie nagmerries nie.

Ek is terdeë daarvan bewus dat die leerder wat hierdie kunswerke geskep het, hom waarskynlik nou verlustig in al die aandag wat hy tans kry. Ek besef ook dat u moontlik hierdie situasie mag gebruik as stelling, namens die skool, om u van die Christelike etos wat in die skool se geskiedenis gewortel is, te distansieer.

Alles in ag genome, wil ek graag een vraag aan u stel:

Waarom was dit as gepas beskou om die figuur, wat baie mense binne die Grantleigh-familie asook miljoene mense wêreldwyd as hul God aanbid, in die openbaar te skend, wan voor te stel en te bespot?

Die eenvoudige waarheid is dat, sou dit ten opsigte van enige ander geloof gebeur het, Grantleigh (hopelik) dit nooit sou toegelaat het nie. Sou die leerder ’n kunswerk geskep het wat rassisme aangewakker het, sou Grantleigh (hopelik) dit nooit toegelaat het nie. En sou die leerder ’n kunswerk geskep het wat die LGBTQ-gemeenskap op ’n verkrampte manier beswadder het, sou Grantleigh (hopelik) dit nooit toegelaat het nie.

Ek sê dit met die grootste vrymoedigheid, want ek wéét dat Grantleigh nie sy leerders toelaat om haatdraend, oneerbiedig of bevooroordeeld teenoor enige groep mense te wees nie, maar mense van alle rasse, kulture en gelowe eerder te respekteer en lief te hê. Dit is tog wat Jesus nie net self gepreek het nie, maar waarvan Hy ook ’n toonbeeld was en wat Hy steeds vandag in mense aanmoedig.

Ek is diep teleurgesteld om te sien dat dit Jesus is wat onder die vaandel van ’n skool, wat hom daarop beroep om ’n Christelik-geïnspireerde etos te verpersoonlik, so afgekraak en verkleineer is.

Grantleigh, jy is verantwoordelik vir hierdie onregverdigheid teenoor al die mense wat Jesus volg, en teenoor God self. Ek hoop jy is nederig en wys genoeg om hierdie verantwoordelikheid te aanvaar, om om vergifnis te vra en jou van die leerder en sy kunswerke te distansieer.

Met liefde, as ’n trotse Grantleigh-alumnus

Sinjon Moffett

  • Die brief is oorspronklik in Engels geskryf. Maroela Media het dit met Moffett se insette en toestemming vertaal. – RED

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Leon ·

Ek sou dit ne beter kon gestel het nie.
In antwoord op sy stelling dat sou dit ander gelowe wees, sou dit nie aanvaar word nie. Ek wil pertinent die Moslem geloof hier uitsonder. Die verlede vertel ons wat het gebeur waneer iemand net iets naastenby skeef daarvan sê. Hoekom mag die Christen geloof nie ook net so hard skree en ‘n vloermoer gooi as ons geloof so aangetas word nie. Om terug te keer tot die Moslem geloof. Daar sou baie vinning wêreldwyd opslae gewees het en daar sou onmiddelik ‘n Jihad verklaar word en miskien selfs brandbomme en aanvalle op die skool gewees het.
Sê maar net.

FIONA ·

Baie ongelukkig-sal bid vir daardie persoon wat die CHRISTENE so niks van dink nie-

Anthony ·

@Fiona, honestly…would you rather be a Peter or a Judas Iscariot?

AV ·

Ek sou trots wees as dié jong man my seun of my oud -leerling was.
Verblydend om te sien hoe ‘n oud-leerling, sy leerkragte en skool (wat van beter moes weet) eerlik en padlangs teregwys.

Hopelik sak hulle koppe uiteindelik in skaamte.

Ekke ·

Wow! Die skool moes “iets” reg gedoen het met so uitsonderlike voormalige hoofseun! Mag God jou seën!

Carien ·

Sinjon, baie dankie vir jou briljante antwoord. Ek stem heeltemal saam.

hercu ·

tons of blessings Sinjon Moffett, i salute you!!

dankie MM vir die plasing!!

Jakes ·

Welgedaan jongman, jy is reeds n rolmodel vir duisende. Wat egter steeds kommerwekkend is, is dat daar nog geen verskoning van of Curro of die skoolhoof ontvang is nie. Dit wil dus voorkom asof beide partye vere voel vir die oorgrote meerderheid mense wat gekla het en se menings onder die mat gevee word. Hierdie onsmaaklike insident is reeds wyd in die VSA en Europa vertoon. Soos reeds nou bekend is slegs 5 universiteite in SA onder die top 500 ter wereld gereken wat uiteraard n swak prestasie is. Hoe sou hierdie skool dan nou gereken word?

Chesed ·

En stem heelhartig saam! Ek is self n ouer by n Curro skool in n ander dorp-en ons wag in spanning vir Curro Hoofkantoor se reaksie hierop!

Pedro ·

Stil Broers,hier gaan n man verby! Voorwaar n Oud Leerling waarop die skool trots kan wees. Mag GOD u seen Mnr Moffet.

Michelle ·

Wat n wonderlike brief.
Verskriklik goed gestel.
Uitstekend.

Marnus ·

Ha. Om nie te praat van die DEMONE wat skuil in beelde met horings en opgeskeurde bybelverse nie. En die WRAAK van GOD wat oor die als gaan neerdaal nie. Mens wonder alweer en alhoemeer aan die BYBELBOODSKAPPE. Opswepend. Mag dit wel met almal gaan. Mag kuns aanhou mal wees. En mag dit met ons almal goed gaan. Ten spyte van.

Willie ·

Kan hoor die seun weet waarheen hy oppad is. Mag God jou seen.

Wow!!! ·

Sjoe! Ongelooflik baie trots op jou, Sinjon. Ek ken jou nie, maar onmiddellik baie groot respek vir jou. Thanks for stepping up and taking a stand, in such a respectful, bold, well spoken way. May you be blessed in abundance wherever you go and in whatever you do. Never change. #Respect

Heidi Lundie ·

Die kuns was ‘n eksamenstuk wat hy gedoen het. Hy het nie aandag gesoek nie, maar dit wat hy sien en beleef tov christenskap en hoe dit deur die wereld misbruik en verdraai word uitgebeeld. Verlosssing is die boodskap van die Bybel maar vandag is dit eerder ‘n wapen om ander wat nie net soos jy glo nie, by te kom. Die goeie boodskap het een geword van haat en oordeel. En so bewys ons deur ons kleinlikheid en onvermoe om die kuns te intrepeteer dat hy eintlik die spyker op die kop geslaan het. Jy sê hy soek aandig? Wat is die doel van jou Ope Brief?

Heidi Lundie ·

As jy nie die kuns verstaan of probeer verstaan het nie, ou seuna, dan is jy dalk die een wat nie vreeslik slim is nie. Ek is al 55 en volgens jou seker oud verkramp en oor die muur :) Tog kon ek die boodskap in die kunstenaar se werk sien, en sy werk behoort vir ons almal as waarskuwing te dien. Ek gaan nie my ontleding van elke werk hier gee nie, maar hy het met sy kuns waarhede weerspieel tov christenskap en hoe mens dit misbruik, hoe dit godsdien en geloof deur baie mense misbruik word, en hoe dit die verlossings boodskap vernietiig.

Sê net ·

Heidi, jou poging tot selfregverdiging faal. Al gehoor hoe reeksmisdadigers hulle dade probeer egverdig met baie nikseggende woorde en gebare? Ek hoor dieselfde klanke nou. Net omdat dit sin maak vir jou, beteken nie dat dit aanvaarbaar is nie.

VanAfrika ·

@Heidie Lundie, dis jammer hoe jy dit sien. Dis nie hoe God dit sien nie. My God is n vredeliewend, verdraagsame en baie geduldige God en Hy vergewe 7X77 keer. Hy het nie nodig om n nar te gebruik om Hom te verneder om ons te wys waar ons met Hom staan nie. Hy maak nie n bespotting van homself waar hy aan die kruis hang. Daar is baie wonderwerke wat daagliks gebeur waar God Homself manifisteer, Hy het nie hierdie kunste nodig om dit namens Hom te doen nie. Ek het die video gesien en wat uitgestal is, is uiters swak smaak, maak nie saak hoe jy dit wil uitbeeld nie. Hierdie is God’s lastering en n grief in God se oë om Hom so te vertoon. Die beelde en prente verneder Hom voor Satan en sy volgelinge en iewers dans n klomp sataniste uit blydskap dat dit n “dalk Christen kind” is wat Jesus so uitbeeld, dit val so in die duiwel se guns en daarom lei hy ons in versoeking wanneer dit by God kom en mense soos jy laat glo dat hierdie uitstalling eg en reg is. Dink mooi oor wat jy kwytraak, jy sal bloed op jou hande dra en verantwoording doen vir daardie siele wat verlore gaan omdat onskuldige mense gaan glo wat jy sê. Versprei eerder die Woord in God se guns en nie soos die duiwel wil hê jy moet dit sien nie.

Anoniem ·

Heidi, was dit nodig om die Bybel op te skeur om die boodskap oor te dra? Hoeveel respek het die kind vir God en die Bybel?

Chesef ·

Heidi, as jy nie hierdie kind se kunsonderwyser of onderwyseres , of ouers is nie, het jy GEEN idee wat die” boodskap ” is wat die kunswerke probeer oordra nie-dit wat jy aanvoer as die boodskap agter alles, is blote spekulasie van jou kant af. Te oordeel aan die reaksie word hierdie kuns nie as n waarskuwing beskou nie maar as weersinwekkend. En dis presies wat dit is. As die die tema gemik was op “georganiseerde godsdienste” -waar is “waarskuwings” aan die ander godsdienste?

AndreB ·

Ek deel jou gedagtes Heidi. Ek begryp nie die haat, en veroordeling nie…

Willem ·

Niemand so blind soos die wat nie (vanuit die gerieflike sekerheid van die kudde) wil sien nie. Ironiese brief…..

Nettie ·

Pragtige brief.
Ek wil graag byvoeg. Besef die mense in Suid Afrika dan nie dat ons op die randjie van die Wederkoms staan nie? God is besig om die kaf van die koring te skei, soos duidelik ook uit hierdie voorval getuig. Elke persson, ELKE persson, gaan binnekort voor Jesus Christus staan en aan Hom verduidelik van elke daad en woord. Rekenskap GAAN geeis word.

In hierdie geval. Het jy vir of teen Jesus se Woord gestaan? Het jy die letterlike verskeuring daarvan goedgekeur of veroordeel? Geen draadsitters meer nie. Jy’s of VIR Jesus of TEEN Hom.

Personeel, skoolhoof, kunsonderwyseres, kunsstudent en sy ouers: besef julle wat ek hierbo sê? Vergeet van jul beroep. Polities korrektheid. Die land situasie. Die wêreld se sosiale norme en eisinge. LUISTER. God is besig om die kaf van die koring te skei. Aan watter kant van die draad gaan jy val? Is jy VIR Jesus, of vir die wêreld?

Hierdie is ‘n swart en wit (nie velkleur) situasie. Kies jou kant NOu. God kyk. Sy oë en ore mis NIKS.

Positief oor die jeug ·

Ek het hoop vir die jeug as hulle standpunt kan inneem oor hulle geloof soos jy. Welgedaan jong man! Staan bankvas agter jou…die Here slaap nie.

Agie ·

In die Woord staan daar geskrywe dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat in Hom glo. Ek dank God vir Sy troue liefde. Te midde van die chaos skyn Sy lig in Moffet se hart

Annemarie Wolmarans ·

my vraag is aan die onderwyser wat veranwoordelik was vir die kunste klas. Kon jy/sy nie gesien het waarheen hierdie uitstalling heengaan toe dit nog in wording was nie?
Laat ek jull een ding vertel, al kon my seun ongelooflik teken sou ek hom as ouer nie toegelaat het om hierdie tipe “kunste” eers by my huis uit te neem nie, ek sou sit self verbrand het. Dathy talentvol is is waar, maar nie ten koste van my God nie. Ek hoop alles word verbrand.

Asjas ·

Kind en Onderwyser het ooreengekom dat hul
“15 seconds of fame” gaan he, “come what may” ????

Richard ·

Baie goed gestel… Die GEMORS moet in die naam van JESUS CHRISTUS vernietig (verbrand) word… en die leerder wat so met pryse geprys is daarvoor moet GEEN lof of toekennings kry daarvoor…

Valerie ·

Great letter, Sinjon. Even in the reference to homophobic attacks, you leave space for fair criticism, something that either side does not understand. Thanks, a very insightful read and worth my time.

Rika ·

Wat n puik leerling van n puik skool. Maar ek wonder die geraas oor n kunswerk deur n, as ek dit reg verstaan het n predikant. man van God , was dit die regte roete om te volg vir die probleem. Sou dieper wou kyk na die klaer. Hierdie is sulke bekende situasies. Wat is die regte agenda agter die klaer. Hy verduidelik hartverskeurend in sy video dat hy lief is vir die skool ens. Ek vra die vraag as hy so lief is vir die onderwysers en die skool, was dit sy wyse besluit
om media toe te gaan.hy het presies geweet hoeveel skade hy aan n skool kan doen met so n platform. Hoekom nie beheerraad of skoolhoof toe met dit nie. Nee my gut se hier steek meer agter die storie.. as net die kuns werk..

Asjas ·

In my ondervinding neem mense hierdie drastiese roetes slegs nadat die regte een geen vrugte afgewerp het nie? Maw hy is in die tande geskop toe hy sy bekommernisse geopper het.

Neerika ·

Rika, jy sal nie weet of die ouer eers sy skok en afgryse teenoor iemand by die skool geuiter het nie.
As hy nie die video gemaak en gestuur het nie, was dit deur die skool net onder die mat gevee.
Die wêreld MOES weet hiervan.
Voornemende ouers wat hul kinders daar wil inskryf MOET weet.

Waarom is jy meer begaan oor die skool se naam en eer, as oor God se Naam en eer?

Rene ·

So waar en so mooi gestel. Ons as kinders van die aller hoogste is ook geregtig om op te staan as daar gespot word met ons God. Ons het rede om onsteld te wees. Dankie vir die awesome brief Sinjon en dankie vir die share Maroela Media.

Wally ·

Mens kan sien hoekom hy die hoofseun was. Weldeurdagte, puik meningstuk. Ek sal verbaas wees as die skooladministrasie en/of leerkrag wat by die skool kuns aanbied, sinvol hierop sal antwoord.

JohanL ·

Aan MNR MOFFETT – baie dankie vir U uitstekende ope brief met goeie argumente en nog beter U mooi morele standaarde wat U weerspieel. Moet U nie steur aan party individue se reaksie waar na U as “seuna” verwys word en die reaksie nie werklike inhoud het nie. U doel van U brief is baie duidelik en ek respekteer U daarvoor.

Vryheid van spraak ensovoorts is nie ‘n totale reg nie en is net soos enige reg in die Grondwet een van vele regte wat teen mekaar opgeweeg word. Daarmee saam moet ons as mense ons Christelike waardes ook in ag neem. Hierdie seun sou nie so “kunswerk” in bv Iran uitgestal het waar Allah uitgebeeld word nie.

Asjas ·

Ek het die “kunstenaar” se ontleding van die “kunswerk” volledig gaan lees. Moet kuns aan jou verduidelik word of moet jy dit self interpreteer?
Ek was gewalg, geskok, depressief en het nagmerries gehad nadat ek dit gesien het (wens ek kan my oe met jik uitkrap sodat ek kan ophou om dit te sien). Is dit wat kuns vir jou moet doen? Ek was snaaks genoeg nie kwaad nie, maar ek het baie en hard vir hierdie persoon gebid. Feit bly staan: ek kan nie die kloutjie by die oortjie bring nie en verder is die tegniek nie vir my besonders nie, sien dit elke dag op mure gegrafitti, SA het dan baie kunstige jong mense wat nie uit privaat skole kom nie, baie geluk aan julle.
Fantastiese brief van ‘n oud leerling, feitlik, kalm en rasioneel, nou DIT verdien om geraam te wird en as kunswerk uitgestal te word.

h.j.Goosen ·

God se Woord,die Bybel ::Jesus::”As jy my nie bely voor die mense nie,,Sal Ek jou ook nie bely voor my Vader wat in die hemel is nie.Dit wat daar vertoon is,is Gods lasterlik.Dit wat die oud leerder gedoen het,behoort deur elke christen gedoen te word.Wel gedaan jongman !

Lynette Prinsloo ·

Ek is trots op jou jong man..Uitstekende brief en baie goed gestel..

Sonia Ferguson ·

Ek kon my oe nie glo dat sulke drogbeelde uitgestal word by ‘n skool nie. Wat my egter die seerste gemaak het is dat die leerling ‘n BYBEL versnipper het om sy drogbeelde mee te versier, so asof die woord niks werd is nie en maar vernietig kan word. Genade, ek sou die stuipe gekry het as ek die skoolhoof was. Ek hoop daar word iets omtrent dit gedoen, my hart is baie seer oor die manier wat dit reg is om die BYBEL te vadaliseer vir sulke tipe kuns.

WESKUS NOOI ·

Baie goed gestel jongman!

Mag God jou beloon vir jou dapperheid!

Dit vat ‘n jongman en oud-leerling, jeugleier om sy alma mater oor die vingers te tik!

Ek dink daar is ‘n hele paar oud-leerlinge wat nou skaam is dat hulle in die skool gebeur het, wat in hulle tyd NOOIT sou gebeur het nie.

Ons het meer sulke jongmense nodig!

Dankie S Moffet.

LANA ·

Grantleigh, gaan terug na hoe julle dit in 2011 gedoen het. Dit het daardie tyd gewerk, maar iewers na 2011 het iemand die pad verloor.
Dankie, Sinjon.

francis ·

Mag die Here almal vergewe wat aan die kunswerk deel geneem het. Dit kan net nooit aanvaar word dat dit reg was wat hulle daar uitgestal het nie .

LNK ·

Heidi, jy kan verduidelik tot jy pers in die gesig is, hulle sal nie verstaan nie.

Chesed ·

En stem heelhartig saam! Ek is self n ouer van ‘n leerder by ‘n Curro skool in n ander dorp-en ons wag in spanning vir Curro Hoofkantoor se reaksie hierop!

Agent K dubbel nul S ·

Oor punt nommer 4 in sy brief wys dat hy nie die moeite gedoen het om te kyk waaroor hy kommentaar gelewer het nie.
Die spesifieke kunswerke is agter ‘n gordyn met ‘n baie defnitiewe waarskuwing toegamaak en geen graad 7’s en onder is toegelaat om dit te sien nie.

Daar is ook geen fotos of videos toegelaat nie, so die ironie is dat as jonger kinders dit gesien het is dit omdat hulle dit gewys is deur ouers en ander mense van ‘n ongemagtigde video.

Toubs ·

Per Whatsapp het ek ook die skoolhoof se antwoord gesien vir die media. Ek het ook die direkteure vd Curro skool/skole se name gesien. Omtrent almal Afrikaner vanne. Sal graag hul antwoorde wou hoor ivm die aangeleentheid.

Chris van Heerden ·

n Ope brief is net so goed jy skryf n brief en pos dit aan jou self. Nie veel van waarde nie.

Murphy ·

Sal graag wil weet watse godsdiens die kunstenaar en sy gesin volg. Wel verseker nie Christenskap nie

Willem ·

Murphy, hoekom veronderstel jy dat dit nodig is vir iemand om hoegenaamd ‘n spesifieke godsdiens te volg?

Boodskapper ·

Aan LNK en Heidi – dit gaan nie soseer oor die boodskap self wat hy wou oordra nie, maar oor HOE hy dit gedoen het. Net soos taal, fotos, ens gebruik kan word om ‘n boodskap oor te dra, net so kan kuns gebruik word – ja. Maar dan weer HOE jy dit doen moet binne aanvaarbare norme wees. En die kind se “HOE” is vir ons as Christene onaanvaarbaar. Sy boodskap self is sy opinie, maar nie HOE hy die boodskap oorgedra het nie.

As ek dink julle twee het swak maniere, hoe gaan julle daarvan hou as ek ‘n skildery maak met julle gesigte maar jul gesigte lyk soos varkgesigte? Vryheid van spraak en uitdrukking is nie ‘n absolute reg nie en moet opgeweeg word teenoor ander regte .

Mariette Hammann ·

Baie goed gestel, Sinjon. Ek is seker daar is ander oudleerlinge en ook huidige leerlinge en ouers wat jou en ‘n groot deel van Christene, se standpunt deel. Niemand het die reg om Christus te bespot om sy eie “standpunt” te regverdig nie. Die “kunstenaar” het juis deur dit te doen, nog verder gegaan en erger dinge gedoen as waarvan hy ander wil “beskuldig”.

Chantelle Steyn ·

Ek het my lewe oor gegee aan God in 2015 toe ek my Godsvresende man (my busband) ontmoet het. Hy het my gewys dat dit wat ek doen verkeerd was, ek het baie gesondig (dit is actually scary) en my voor die Here se knieë neer gegooi en omvergifnis gevra.Ek was nog nooit so gelukkig soos nou vandat ek Onse Vader in my lewe het nie. Jy kry nou mense wat hierdie kunswerke sien as “kuns”, ek sien dit as ‘n bespotting van My Vader! Wat moet in jou kop aangaan om te dink daar is ‘n ander boodskap in hierdie werke?? Dis plein weg Satanisties man! Ek bid dat die Heilige Gees oor julle sal kom sodat julle jul oë kan oopmaak! Daar is net een God en een waarheid! Om die woord van God so te verskeer en hom so te verkleiner, dis onaanvaarbaar! Ek bid net dat julle vinnig vir God se vergifnis vra. My God is ‘n God van liefde, maar hy is ook ‘n regverdige God.!

Chantelle Steyn ·

Ek haal my hoed af vir hierdie jong man! Hy staan op vir ons Vader, waar die ander onder mekaar stry oor of dit reg of verkeerd is. Ons jong generasie is stadig maar seker om die pad na Onse Vader te vind, en dit maak Satan kwaad. Hy probeer soveel jong mense in die verkeerde kant kry, maar in die einde SAL HY NIE WEN NIE! God het hom klaar oorwin en hy weet dit! In die Naam van Jesus Christus, wyk satan!!! Jy sal jou hou vas op hierdie mense verloor! Ek spreek die Bloed van Die Lam oor julle almal uit!! Vader, hou hierdie mense veilig asb en maak hulle oë oop dat hulle sien dit wat hulle dink is net “kuns” die verkeerdste ding op aarde is! Vergewe ons almal vir ons sondes asb. Ek bid dit, deur U Seun, Jesus Christus,
AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.