Ouma se brief aan Kovsie-studente

Pres. MT Steyn deur Onbekend - Versameling dr. Hendrik Muller, Fotoversamelingsnr. VA0957 via Wikimedia Commons

Pres. MT Steyn deur Onbekend – Versameling dr. Hendrik Muller, Fotoversamelingsnr. VA0957 via Wikimedia Commons

My liewe studentevriende by Kovsies

My hart is stukkend omdat ‘n tragedie homself gaan afspeel op Kovsies.

So jammer dat julle almal oor die kleurgrens heen, nie die geskiedenis van julle land ken nie. President MT Steyn het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899 tot 1902) sy alles gegee om te veg vir ons volk.

Weet ons studente, wat nou eis dat sy standbeeld van Kovsies se kampus verwyder moet word dan nie dat daar gedurende hierdie oorlog ook 20 000 swartmense in konsentrasiekampe gesterf het nie? Swart mense wat ook die saak van die Boererepublieke teen Engelse oorheersing gesteun het!

President Steyn kon as gevolg van swak gesondheid nie die Vrede van Vereeniging-byeenkomste bywoon nie, maar hy het by monde van genl. De Wet tot die einde probeer om voort te gaan met die oorlog ter wille van die vryheidsideaal.

Ja, daar was ook swartmense wat aan die kant van Engeland geveg het in hierdie oorlog, maar hulle het maar bedroë daarvan afgekom toe die Engelse regering ná die vrede nie die beloofde stemreg aan hulle gegee het nie.

ʼn Laaste opmerking: President Steyn was nie ʼn fortuinsoeker soos Rhodes nie!

Kovsies, gaan julle toelaat dat julle erfenis op Kovsies ook geskend word deur mense wat net aan hulle eie kortsigtige ego’s dink? Maak jou rug reguit my liewe Kovsie en wys dat in julle are nog dieselfde bloed vloei as in dié van president MT Steyn!

Patriotiese groete
Ouma Marietjie Raath

**Lees: Kovsies gaan standbeelde verwyder

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Flippie ·

Liewe Ouma, ek is ‘n Oupa wst op UOVS en later op do UV gestudeer het. Ek was ‘n Kovsie student het van Prof Kok se tyd tot en met die huidige nar wat blykbaar ‘n visie kandelier genome word.

Hierdie ou (Jansen) is by die UV geplaas om die Afrikaner kultuur op die kampus en veral die vryheidsideaal van van die Vrystater te ondermyn en te vernietig. Hy het dit reggekry om ‘n spoginstansie waarop die alumni met reg kon trots wees afgebreek tot ‘n rommelhoop waar afrikanerhaters nou opgelei word om Afrikaans en alles wat daarmee gepaard gaan tot vergetelheid te verwoes.

Ek doen ‘n beroep op all kovsie alumni wat skenkings aan die UV maak, of wat in beheer is van trusts wat finansieele ondersteuning vir studente aan die UV beheer,sulke ondersteuning te staak.

Rooijan ·

Ek stem met Flippie gee daardie geld liewer vir Akademia. Skuif sommer vir pres Steyn en Totius ook na die Akademia kampus voor die vandale hulle skade aandoen. Die Rhodes beeld by uk kan hulle sommer in die kaapstad hawe gooi as deel van die breekwater dan doen die ou engelsman ten minste iets goed vir die land.

Bruno Stef ·

My vorige kommentaar is nie geplaas nie maar kom daarop neer dat die beelde as dit nie anders kan nie maar by die vrouemonument opgerig word.Ek wonder net hoe lank Genl de Wet se standbeeld in Bloemfontein dorp gaan staan en nie ook n steen des aanstoots word soos Dr Verwoerd se standbeeld wat al etlike jare verwyder is nie.

Carol ·

Ai die volkies van Suid Afrika…..dat standbeelde wat eintlik indruis teen ons Christelike beginsels van. ~ jy mag geen afbeelding maak van enigiets van wat bo in die hemel is of wat onder op die aarde is ~ Wat doen ons? Gebruik juis daardie standbeelde om ons sogenaamde saak te versterk. Vir baie jare was daar parralelmedium skole in hierdie land., en dit het gewerk. Hoekom n bohaai opskop en klasse boikot? Daardie standbeeld , regop of op sy rug gaan jou nie van n graad voorsien indien jy nie bereid is om eerder in die klaskamer jou energie te gebruik en goeie eindresultate te behaal nie. Gaan na n universiteit wat in jou moedertaal onderrig gee. Probleem opgelos.

Kovsie ·

Ongelukkig is dit juis die probleem. Binnekort sal daar die meer universiteite wees wat onderrig in Afrikaans bied nie. Dit gaan nie oor die standbeeld self nie, maar eerder ons ervenis wat stil-stil verdwyn omdat mense ‘n onverdiende konnotasie aanheg. Dis ons reg en verandwoordelikheid om te verseker dat dit nie gebeur nie.

Lizl ·

Lekker lag ek vir Rooijan se kommentaar! Ja, ek gee ook nie juis om vir die ingelsman se standbeeld nie, en nee, Carol, ek aanbid nie of maak nie `n afgod van standbeelde nie, maar my geskiedenis is herkoms, en dit maak wie ek vandag is, en dit is kosbaar vir my. Rug regop, op aandag staan onder `n vlag waarop ons kon trots wees, en `n landslied uit volle bors uit sing. Respek het vir die ouer mense, en respek vir wat ons voorvaders alles kon vermag het. Liefde vir my land en volk, en kultuur. Dit is wat dai beelde vir my versinnebeeld. Ons was `n Godsvresende volkie gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.