Afrikaners moet brûe bou

Kongresgangers by AfriForum se beraad op Buffelspoort. (Foto: AfriForum)

Die demografiese werklikheid in die land is dat Afrikaners yl versprei oor groot gebiede is en tussen ander kultuurgroepe bly.

Vir vreedsame naasbestaan is dit noodsaaklik dat die verskillende kultuurgroepe wedersydse begrip en respek vir mekaar moet hê. Om dié rede is AfriForum aktief betrokke by gesamentlike projekte met ander gemeenskappe waar die fokus op gedeelde sake en nie verskille tussen mekaar is nie, sê Barend Uys, hoof van navorsing by die organisasie.

“Ons kan baie leer by ons voorouers wat ook geweet het dat om in die land te oorleef goeie verhoudinge met ander kultuurgemeenskappe gehandhaaf moet word.”

Uys sê omdat Afrikaners respek vir hulself het, kan hulle ook die regte van ander gemeenskappe erken en respekteer. As ons vir moedertaalonderrig en die beskerming van eiendomsreg vra, moet ons dit ook vir ander gemeenskappe vra.

Volgens Uys reik baie ander gemeenskappe reeds uit na AfriForum “omdat hulle weet ons is Afrikaners en dat ons suksesvol is. Ons moet ander gemeenskappe help om hulself te help. In ons verhouding met ander gemeenskappe is daar nie plek vir paternalisme of om nuwe afhanklikheid te skep nie.”

Hy meen vir ’n beter toekoms is dit ook noodsaaklik dat die geskiedenis genormaliseer moet word. “Die meesterverhaal wat voorgehou word dat wit mense skurke en swart mense slagoffers is, moet afgebreek word.”

Adv. Gerrie Nel Donderdag gedurende ‘n mediakonferensie. (Foto: Verskaf)

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het verduidelik hoe die eenheid se werksaamhede inmekaar steek om die doel van geregtigheid en gelykheid voor die reg te bevorder.

“Die strafregstelsel het verval en ons het ’n onbevoegde polities gemotiveerde regbank. Daarom het dit nodig geword om ’n alternatiewe vervolgingsgesag te skep.”

Hy het verwys na die talle sake waarby die eenheid betrokke is wat onder meer daarop gemik is om mense teen magsmisbruik te beskerm. Die eenheid is onder meer tans besig met sake teen hoëprofielpersone asook sake van verkragting en kindermishandeling wat daarop gemik is om die regte van vroue en kinders te beskerm.

Die privaatvervolgingseenheid was in 2017 by 488 sake betrokke. In 2018 was dit 547 en in 2020 altesaam 1 289 sake. “Al hoe meer mense het beskerming nodig weens die verval van die regstelsel en die eenheid kry al hoe meer navrae van mense wat ons hulp nodig het. Ons het baie uitdagings, maar ons sal voortgaan met vervolging omdat selektiewe vervolging nie geduld kan word nie.”

Corné Cronjé, bestuurder van gemeenskapsake by AfriForum, het die organisasie se ankergemeenskapstrategie verduidelik wat daarop fokus om ankerdorpe sterk te maak gegewe die vinnige agteruitgang en verval in die land. Gemeenskappe word bygestaan met volhoubare bestuursmodelle soos die Pionier-dienstemaatskappy wat gestig is om munisipale dienste van uitmuntende gehalte te lewer daar waar munisipaliteite in gebreke bly om dit te doen.

Dit is ’n selfbestuurmodel om byvoorbeeld water- en rioolnetwerke weer funksioneel te kry en te hou. Op die oomblik word gekyk na modelle hoe die geld wat aan die opknapping van infrastruktuur bestee word weer van die staat verhaal kan word. Tans gebruik AfriForum litigasie om munisipaliteite te dwing om te betaal vir die werk wat hulle nie gedoen het nie en in ander gevalle word ooreenkomste met munisipaliteite gesluit wat ooreenkom om te betaal waar AfriForum kundiges aanstel om die werk te doen.

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

fransdutoit3 ·

Al brûe wat gebou moet word is by die grensposte van ‘n onafhanklike Wes Kaap..

Kokerboom ·

Mooi gedagte maar probleem is dat teen die tyd dat so iets realiseer sit res van SA in Weskaap want -dinge gebeur daar!!En dan? Dis ‘ n tameletjie

Dries ·

Mooi Artikel Alet. Doen so voort. Afriforum se edele en onbaatsugtige werk moet wyd verkondig word. Dankie

Buck ·

Poep teen donderweer. Die bietjie wit afrikaners kan onmoontlik nie altyd die res bly dra nie. Almal sal moet wil saamwerk. En dit is waar die prebleem le. Te veel wil net handhou

MakersMark ·

Geen initiatief sal ooit die volgehoue retoriek verander nie. Wêreldwyd is “victim mentality” die groot kaart. Maak nie saak in watse bevoorregte posisie die mense uit praat. Kyk na bewegings soos blm en ander hul gedy op “white guilt” en verwys gereeld na “white privilege” as rede vir hoë armoede en kriminaliteit onder hul rasgenote. Altyd iemand anders te blameer vir hul gesukkel. Selfde hier in SA.

Keelvol ·

Afrikaner moet brûe bou???? Hoekom moet ons as ons taal, kultuur en erfenis heeldag aangeval word? Ons moet gedurig hofsake hangend maak rondom dit. Lesifi het nou die dag gesê Orania moet waai. Die Afrikaner word maar net nie met rus gelaat in sy eie land nie. Nou kom Afriforum en wil hê ons moet brûe bou met ander kulture. Die einste kulture wat hulle vir die vernietiging van ons mense beywer.

Harley Davidson ·

Die groot meerderheid mense in SA ongeag kleur of ras kom goed oor die weg die klein minderheid is die probleem, so gee vir ons ‘n onafhanklike tuisstaat waar ons ons geskiedenis kan bewaar en ons kinders se toekoms kan bepaal.

Hendrik ·

Jasper niemand gaan jou enigiets gee nie, ongelukkig sal jy jou hand uit jou moue moet steek en begin werk onafhanklikes. Ons werk doen dit nou al 27 jaar lank en ons praat nie net nie.

Harley Davidson ·

Sê wat en hoe ek moet help ,ek belowe 100% samewerking.

Hendrik ·

Jasper tans is daar 2 selfstandige selfbestuur areas in die land nl. Kleinfontein , 17 km oos van Pretoria en Orania 150km wes van Kimberley. Ons almal werk kliphard aan die oplossing die afgelope 27 jaar en met min indersteuning (behalwe Orania via Solidariteit se miljoene investeering) het ons ‘n volhoubare gemeenskap gestig van 1500 mense en 500n huise.

Cobus ·

Hoe meer hande gevat word en onderhandel word, hoe meer gaan die storie sy agterent sien. Hoe meer jy onderhandel en jou Geloof en kultuur prysgee om wereldse vrede na te jaag hoe meer sal jy gehaat word.

Heinrich ·

Sal bruggie bou wanneer ek oor my eie sake en taal kan regeer. Tot dan bly hulle die onderdrukkers.

Schalk ·

Deur BBBBEEEE as maatstaf te gebruik vir die toekoms sal geen brug gebou word nie. Dit is soos om vir ‘n wedren aan te tree en vooraf word vir die sterkste kandidate vertel dat hulle laaste moet kom.

Kokkie ·

Ek was regtig so vol hoop oor die bydraes van Afriforum , en in die besonder van Ernst Roets. Maar met hierdie ‘inisiatief’ lyk dit vir my asof sommiges by Afriforum ook nou begin ‘dwaal’. Dit is dieselfde pad wat die NG Kerk in SA begin loop het…………agteroorbuig en tevrede stel. Sekere sondes word ontsondig. Alles moet aangepas en verhumaniseer word sodat daar nie aanstoot gegee word nie. Reik die die vinger uit sodat die hele hand gegryp kan word. Asseblief Afriforum, raak ontslae van hierdie ‘valse profete’ in julle midde. Moenie die goeie werk wat julle tot dusver gedoen het, tot niet maak nie.

Richard ·

Brûe bou? Wat van die ander kultuurgroepe? Alles kan nie net van een kant af kom nie. ‘n Voël het TWEE vlerke nodig om te vlieg. Nie net een nie. Dit moet van twee kante af kom!

AW ·

Voordat hierdie berig geplaas was, wat het die Afrikaner voor dit gedoen…..

Is daar of was daar ook n “Brug14”, senario vir die Afrikaner , so met die verloop van tyd?

En of Sal daar wees in die toekoms ?

Maar ongeag

Dis net basiese beginsels om Hoflik en bedagsaam teen oor jou medemens te wees,

Ongeag al sit daardie persoon Nooit of selde by jou om n tafel bedek met kos.

Dan ook, as gevolg van omstandighede “sal” die Afrikaner ook met tuie baie moet “sluk” , om die vrede te bewaar….

So lank ek leef,

Sal my bestaan as n Wit Afrikaanse man, n “pyn” wees vir sommige mense in SA,

En ekke is “okay” daarmee.

Tog

Ek sal nie Skaam en of enigsins vernederd voel, vir my klein bydrae op die grens in SWA, vir my volk en vaderland nie.

Het ek en menigte ander , nie gedoen wat gedoen was, daardie tyd….

Hoe verder sou SA nie vandag gewees het af in die Riool pyp nie!!

En dis heel okay as die MM leser nie saam stem nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wat is die twee grootste probleme wat ALLE Suid-Afrikaners in die oë staar? Antwoord: 1) Suid-Afrika se ongebreidelde bevolkingsaanwas en 2) die feit dat die SA-nasie nie ekonomies wêreldkompeteerbaar is en dus volhoubaar voldoende buitelandse valuta kan verdien vir voorspoed vir AL sy inwoners nie.

So, daarom die binnegevegde om die SA-Koek van bronne te herverdeel op allerhande wyses: kapings, korrupsie, stropings, aantasting van die medemens se menswaardigheid en nuwe vorme van rasisme, die ons-hulle situasie.

Feit: Wit Afrikaners is yl verspreid tussen ander kultuurgroepe regoor Suid-Afrika.

Gaan die Grondwet en Howe ons red? Nee. Gaan ‘n eie tuisland ons redding wees? Nee. Gaan kommunisme en sosialisme ons red? Nee. Het net Afrikaners gewere en perde en ossewaens vir laers? Nee. Wat gaan Suid-Afrika EN die Afrikaners red? En wat gaan die Afrikaners EN Suid-Afrika red?

ANTOORD: Net ware NAASTELIEFDE.

Vraag: Hoe moet hierdie naasteliefde in SA vergestald?

SlinkseKoljander ·

Van saam werk sit ons waar ons sit, ongelukkig elkeen vir homslef en die meeste wat vir hulle self dink kom Wes-Kaap toe. Die land verval so en die ANC kan nie meer regeer nie, op die oueinde gaan hulle nie worry om die Wes-Kaap af te staan nie.

Viva Cybil en al sy gemors.

Johann ·

Is oulik dat die ydele homself altyd aan die voorpunt van die adelstand stel. Kom na my ek wys julle!! Die werklikheid is wel die wat wil sal kom en kyk en leer. Dit is al wat ontbreek, die wil om te leer. Op geen plek waar beskawing vandag bestaan is dit afgedwing op enige manier nie, mense van eenderse denke doen eenvoudig saam en bou ‘n beskawing. En daar is niks fout met goeie bure nie, al is die kultuur hoe vreemd en anders, hulle is welkom om dit op hulle eie tyd te en plek te vier sonder om dit op ‘n ander te probeer afdwing, of om ‘n ander kultuur net vir die jaloesie wat dit meebring te probeer onderdruk of vernietig net omdat hulle die meerderheid mag het.

Piet ·

Mors van tyd vir Afrikaners om brûe te bou met mense wat niks kan bou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.