Begrondingsgesprek: Carel Boshoff se nuwe boek ‘Tuiskoms’

Verskaf deur die Begrond Instituut

Carel Boshoff (Foto: Verskaf)

Carel Boshoff, die hoof van die Vryheidstigting, het onlangs sy nuwe boek Tuiskoms: Waar ons vandaan kom en waar ons heen gaan bekendgestel.

In hierdie podsendingsepisode gesels dr. Wikus Buys van die Begrond Instituut en Paul Maritz met Boshoff oor sy nuwe boek.

Die temas wat aangeraak word sluit onder andere in die derde- en vierde Afrikaner, die idee van ‘n nuwe taalbeweging, en die belangrikheid van ‘n geestelike aristokrasie in die behoud van ‘n volk se waardes.

Met ‘n bestek van net meer as 50 minute raak hierdie gesprek heelwat temas aan, en daar is heelwat vir nadenke oor taal, volk en geskiedenis om te herkou.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

Ons hoop dr Boshoff het Israel ook as eindpunt genoem. Boshoff is natuurlik nie die oorspronklike vorm van sy van nie… net ‘n verafrikaansing. Frankryk, Duitsland en Nederland ea is nie noodwendig die wegspringplek vir baie Afrikaners nie, bloot ‘gastehuise’ soms redelik gevaarlik en smerig vir oornagslapies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.