Die Knysna-brande vra: ‘Is jy ’n rassis?’

Knysna-brande (Foto: Twitter)

Deur dr. Danie Brink

So dikwels hoor ons gewone landsburgers in die media dat ons en die kultuurgroepe waaraan ons behoort rassiste is.

Enersyds is daar ’n duidelike poging deur die regering om ons aandag te probeer aflei van dít wat hulle moet doen en nie kan doen nie. Hulle moet regeer, maar hulle struggle hoofsaaklik. Hulle hoop almal in die land het AGHS en dat hulle ons aandag maklik sal kan aflei, weg van swak bestuur, staatskaping en korrupsie na rassisme. Daarmee hou hulle ons nederig in ons hoekies waar ons pouse gehok is oor ons so stout is.

Andersyds is daar ’n duidelike vooroordeel van die kant van die media af oor die kwessie van rassisme. Solidariteit het onlangs die lig gewerp op die dubbelsinnige manier waarop daar in die media oor swart en wit rassisme berig word. Hierdie dubbele standaarde skreeu ten hemele en tot vandag toe nog is die verslag nie weerlê nie en staan die aantyging teen die media soos ’n olifant in die vertrek.

’n Joernalis van een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse publikasies het tydens die bekendstelling van die verslag glad gevra: “Hoe het ons toegelaat dat dit gebeur?”

Ek en my vriende is nie rassiste nie, maar die regering en die media laat ons dink iewers in die land is daar baie mense soos ons wat rassiste is. Die boere wat ek ken en hulle vriende behandel nie hulle werkers sleg nie, maar die regering en die media laat hulle dink iewers in die land is daar baie boere wat hulle werkers sleg behandel.

En dan gebeur daar op ’n dag ’n groot ramp iewers in Suid-Afrika. Mense van alle klasse, gelowe en rasse verloor alles wat hulle het. Welwillendheid ontstaan spontaan en van oor die hele land word die gebied oorval met mense se skenkings van geld, tyd en goedere. Dis nie verbasend nie dat hierdie welwillendheid ontstaan by alle klasse, gelowe en rasse. Dis nie verbasend vir ons gewone landsburgers nie dat hierdie welwillendheid onvoorwaardelik plaasvind, onvoorwaardelik teenoor ras, geloof en klas. Is dit verbasend vir die regering? Is dit verbasend vir die media?

Die Knysna-brande vra: “Is jy ’n rassis?” en Suid-Afrika se landsburgers sê soos een man: “Nee!”.

  • Dr. Danie Brink is die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Ken2 ·

Ek ken verskeie arm blankes wie nie gehelp word in verskeie groot bedrag regeringsprogramme, hospitale ens nie net omdat hulle wit is, daarom sal ek uit eie inisiatief vir hulle help. Swartmense word nie weggewys nie, en boonop stem hulle mos so blindelings vir hierdie korrupte regering. Dit is waarom ons maar onsself moet help want die regering doen nie, hulle trap ons eerder.

Jane ·

So vreemd dat dit altyd die mense is wat vir die geringste oortreding as ‘rassis’ uitgeskel word, wat maar elke keer gaan help in noodsituasies. Wanneer daar vloede of brande in townships is, staan die ‘rassiste’ in rye om te help om kos en komberse uit te deel en mense in kerke en skoolsale te vestig. Wanneer die Kaap brand, maak die ‘rassiste’ oral planne regoor die land om ALMAL te gaan help. Nie net die wat DA of VF+ stem nie, ALMAL word ingesluit, so ook die diere. Vreemd dat die “wrede rassiste” nogsteeds GOED DOEN ondanks die feit dat hulle soos tweerangse burgers in hulle eie land behandel word. NOOD het geen kleur nie, en die mense wat die meeste uitgeskel word se hande is steeds OOP vir hulp aan ander!

alida ·

Die hulp wat instroom en skenkings wat gemaak word is vir ALMAL bedoel Wit, swart, bruin en die diere. Niemand spesifiseer na watter ras of klas sy skenking moet gaan nie. Ons staan almal saam en help waar ons kan. Koue, honger en dakloosheid ken nie kleur nie.

MCH ·

Dit is die liefde. Dit is wat brûe bou. Dit is waar die tyre die teen slaat. Die liefde.

Riana ·

Tog lees ek gisteraand op FB tweets waar gese word, öns almal weet watter kleur is die meeste inwoners van Knysna, so dit wys net wat hulle moet toekom” Ek dink op ‘n hartseer tyd soos nou, waar almal, wit, swart of bruin, soveel verloor het, is daar mense daar buite wat hul verlustig in dit waardeur die mense van Knysna gaan. Die mense dink nie eers aan hul eie mense wat net soveel verloor het nie, nee, dis te lekker om hul te verlustig in die wittes se verlies. Hoe hareloos!

humor ·

En die regering en die media met hul oogklappe aan net solank hulle hul doel kan bereik, sien niks waaroor hulle hul behoort te verheug nie.

al ·

Die media is net so skuldig aan plaasaanvalle en moorde soos die regering wie se stilte oordonderend is.
Die opsweping van rassehaat het ñ dieper rimpeleffek as wat ons ooit sal besef.
Die media het so reg in die hande gespeel van die Zupta en Bell Pottinger maatskappy.
Ek hoop een van die 3 instansies het darem ñ gewete om onrustig te slaap…

Lien ·

Regtig? Is die vergelyk NOU nodig!! Dit is waarom hier in die land nooit vrede sal wees nie. Wanneer gaan die twis ophou? Dit voel vir my invloedrykes gebruik dit roekeloos waarom gebruik jy nie jou invloed en word die eerste ou wat sê nou begrawe ons die term nie?!?!

Marisa ·

Mense wat nog steeds aan die hoop vasklou dat swartes wittes as hul ‘naaste’ sal aanvaar is soos volstruise met hul koppe in die sand. Die volgende stap is dat hulle soos afkop hoenders gaan rondskarrel om die land te verlaat.

Anne ·

Stem saam met jou Marisa, ek dink ons is lankal by daardie punt verby

TTh ·

Die ANC regering is wel rassiste en alles wat hul doen is op rassisme gebasseer. Daarom dat Zuma nog nie by Knysna opgedaag het nie en sal seker ook nie en wil ook nie hulpverlening gee nie. WAAR IS ONS PRESIDENT, HOEKOM LE HY NIE BESOEK IN DIE KAAP EN KNYSNA AF NIE?

alida ·

Mens het geen goeie woord vir die kriminele en moordenaars wat ons mense so mishandel en vermoor nie. Dit is ‘n feit soos ‘n koei maar dit wat nou in Knysna gebeur het gee mens uit Christelike liefde vir die wat alles verloor het ongeag kleur. Almal is nie kriminele nie en mens moet objektief wees hoe moeilik dit ookal is. Honger en koue ken nie kleur nie.

Oom Harry ·

Ons bid en wag dat Siener se voorspelling waar word naamlik dat die ondiere na die Ooste in die see gejaag word of dan daarheen sal vlug en masse.

A. Mac ·

Almal is ewe swaar getref deur die ramp. Dis net jammer dat daar elemente is wat dit ‘n rasse-kwessie maak. Net een vragie, en ek is seker dit sal sekerlik nie geplaas word nie, maar kom ons probeer. Met al die skenkings aan die rampgeteisterde gebiede, watter ras doen die meeste en grootste skenkings?

Oom Harry 0 ·

Julle klomp kommentarieerders moet n slag Siener gaan lees en sien wat met die spul wat ons wil uitmoor gaan gebeur. So hou goeie moed en hou aan met bid.

Hannes ·

Dis eenvoudig. Next time moet ons Wittes net ophou om hulle te help. Eenvoudig. Maar ons moet mos help as n gedeelte van n township afbrand soos in die ooste van Pretoria n paar jaar terug. Jacaranda was selfs deel daarvan. Hoekom?. Laat hulle hulle self next time help. Wittes moet mekaar maar help. Terwyl daar wittes is wat steeds voel hulle moet polities korrek wees sal dit seker nooit so wees nie. Ek hoop hulle word aangekla en met R100 000 elk beboet.

Ettienne Swanepoel ·

Op die vraag in die skrywe. JA EK IS!!!!! En wat daarvan!!!!!! My mense kom eerste.

jan van riebeeck ·

Amen , ek sê nog altyd as jy twee kinders sien hang van n tak oor n kloof en een is swart en een is wit , en jy het net tyd om een te red watter een gaan dit wees , en moenie vir my n bollie storie probeer spin nie , ons almal weet wat dit regtig gaan wees , jou eie kleur , dit is in jou gene en as jy lieg daaroor sal dit in elk geval nie die feit verander nie

jan van riebeeck ·

die feit en ek weet dit is vir baie van julle n taai een om te aanvaar , is dat as rassisme werkelik nie bestaan het nie , sou daar ook nie rasse gewees het nie , n radio stasie in skotland “real radio” amper soos ons jakaranda, het in 2003 bevind dat meer as 80% van skotte openlik erekn hulle is rassiste en niks fout daarmee gevind nie , so ek wens die blankes hier wil wakker skrik en besef wat baie mense reg oor die wêreld lankal besef het , om jou eie mense eerste te plaas is nie n sonde nie , jy noem dit patriotisme nie rassisme nie

Melanie van den Berg ·

Een van die Here se grootste gebod is liefde, liefde in oorvloed liefde onvoorwaardelik. Liefde vir ons land en sy mense. Daar is nie kleur betrokke nie. Wanneer ons ten gronde gaan staan ons soos een op. Dit is wat ons beleef het hier tydens die verstrooiende vure in Knysna en omliggende dorpe. Alle lewe is kosbaar! Ons sal bly hoop en bid dat die wat wel n rassistiese hart en gesindheid deur God se genade bevry sal word van hierdie “helse” bewind in hulle lewens. Eks trots Suid-Afrikaner sonder kleur, trots brandweervrou, trots anti-rassis en meeste van alles trots Jesuskind!

Wouter ·

Zuma is te besigheid met sy stryde om blanke kapitaal.Hy sal niks bydra al is hy Ryker as 95 % van blankes. Hierdie wat so rassisties tweet is gewoonlik die eerste wat by die blankes kom help soek as hulle verlee is

Pietsepan ·

Die woord rassis het ‘n vloekwoord geword wat dui op veragting en haat teenoor die ander. Hoe jammer tog want vir my is ‘n rassis juis die teenoorgestelde. Dis iemand wat die ander respekteer vir wat hy is en hom en sy kultuur aanvaar.

Kobus Visser ·

Ouvrou die antwoord is voor die hand liggend, lewe deur die Gees dan sal die Gees jou gedrag bepaal. Dit is die roete wat SA moet volg. Ek was betrokke by Mosselbaai se uitreik na Knysna se slagoffers en daar het ek net deernis beleef. Toe besef ek die mense wat betrokke is by sulke organisasies, uit hulle moet die Regering saamgestel word. Waar daar liefde is en deernis, daar is God.

jaco ·

Waarom deporteer die ANC ons nie? Hulle maak klomp uitsprake dat ons monopolie kapitaal het en dat ons rassistiese uitbuiters is. So duidelik worry hulle ook nie meer oor ons belastinggeld nie. Deporteer ons dan.

Michael ·

Die persepsie is net wit mense kan rasisties wees en dit word gebruik as verskonings vir baie dinge …….ek sê altyd what ever……tel someone who cares

Ben Prinsloo ·

Ek wil egter net vir die Christene daarop wys dat Die Skepper net 1 uitverkore volk gehad het alhoewel daar ander volkere en gelowe was. Wie die uitverkore volk is moet u maar vir uself uitmaak. Ek gaan nie. Ek kan net sê dat ek staan vir my eie volk eerste en daarna die res. Jammer maar ek word nie meer om die bos gelei met al die sogenaamde liefdesgebare en versoeningsgebare nie.

Pieter ·

Ben,
Die beste realistiese kommentaar vandag. Charity starts at home. My mense eerste en as daar oorbly sal ek na eie goeddunke uitdeel want die versoening en liefde word nooit waardeer nie, trouens dit word as swakheid gesien en verhoog die verwagtinge dat jy nog meer moet doen.

lynni ·

Dis waarom ek ongelukkig is met 7de laan se storielyn. Witman het groot onreg teenoor swarte gepleeg. Tydens apartheid. Hy het vreeslik gehuil toe hy sy dogter vertel wat die witman aan hom gedoen het. Dit is mos nou rassehaat meer aanwakker. Bye bye 7de laan.

Frans ·

Dit gaan defnitief nie beter word in SA nie. Die hele wêreld is besig om te verval in sonde. Glo in die Here, wees lief vir die Here en vir jou naaste deur die gebooie te onderhou. Die tweede koms van Jesus is naby. Is ons gereed daarvoor of gaan ons te lig bevind word?

rita kotze ·

Oom Harry.
Hoekom bid jy as jy in Siener van Rensburg se voorspellings vashou ?

Marius ·

Dis hartseer dat die rassisme van Zuma en Facebook gebruikers die kommentaar van die mense hierbo laat ontketen het. Dis presies soos wat die sondige natuur van die mens werk. Dieselfde slegte omstandighede ontketen verskillende reaksies. Ek kan niks sê van mense wat glo hulle behoort aan ‘n uitverkore Afrikanervolk nie. Daar is geen kuur vir sulke dwase uitlatings nie. Wat ek wel kan sê is wat die Bybel sê: Openb 5:9 Uit elke stam, taal, volk en nasie het Hy vir Hom ‘n uitverkore volk gekies. Nie uit ‘n Afrikaner bloedlyn nie maar ‘n Christus bloedlyn. Die mense wat die rasse uitlatings maak hier is verseker nie besig om God te eer in wat hulle sê nie. Ek glo die meeste is seker maar ateïste wat rassisties is hier. Net ateïste het eintlik ‘n verskoning om rassisties te wees. Dan kan hulle maar die evolusiekaart trek. Ek ken dierbare kinders van die Here van alle rasse. Dit maak my seker dan ‘n liberalis. Die mees konserwatiewe Christene wat ek ken is liberaliste want hulle gee om vir mense van alle rasse. Wat dit erger maak is dat ek swart konserwatiewe mense ken wat hulle kinders met streng Christelike waardes grootmaak. Hulle stemme is stil want hulle stel niie belang in die nonsens wat mense op Facebook of sommiges op maroela kwytraak nie. Dis hulle wat deur die rassiste seergemaak word.

Realis ·

Marius,
Ek vind jou kommentaar oor die verband tussen rasisme en ateïsme aanstootlik. In my opinie was die destydse instelling van apartheid juis geïnspireer deur Nederduits Gereformeerde ideologie. Ek verwys graag na een van Hitchens se stellings: Noem vir my ń goeie daad wat ń Christen ( of enige ander mens wat gode aanbid) kan doen, wat nie deur ń ateïs gedupliseer kan word nie. Aan die ander kant, kan ek vir jou ń lang lys gee van afskuwelike dade wat gelowige mense al gedoen het in die naam van godsdiens .
Ek ken baie ateiste wat vrygewig is, wat vrywilligheidswerk doen en konstruktief deelneem in gemeenskapsaksies. Meer as heelwat mense wat hulself Christene noem maar net sit en gal braak op sosiale media. Ander gelowiges dink weer hul kan heeldag sit en bid en dat daar een of ander wonderwerk gaan gebeur…ja een oggend word ons wakker en alles is weer soos in die goei ou dae…. Ongelukkig gaan dinke nie beter raak op so ń manier nie. Hoe gouer ons kan nugter dink, saamstaan, aktief deelneem en ń leier kies hoe beter is ons kans.

w ·

Soos zuma wie n moeder besoek wie se vyfjarige dogtertjie verkrag en vermoor is. Hy gee vi die moeder R10000 kontant. Dit sal nooit ha kindji trugbring en Zuma voel goed hy dink hyt goed gedoen. Ma die enigste goed sou wees indien die moordenaar die doodstraf kon kry

Johannes van Rooyen ·

Ek dink rassisme is nou op sy ergste ooit in SA die ANC en EFF het ñ 100% aandeel daarin hulle loop en lieg en bedrieg almal wat wil luister
Hulle doen dit om hulle eie onbeholpenheid en onbevoegdheid weg te steek hulle het nie antwoorde nie maar wil nogsteeds geldmaak
ZUMA EN MALEMA in persoon is die heelgrootste oorsaak van rassisme in die land dit is as gevolg van hulle alewige rassistiese uitsprake dat ek alle hulp aan swartes gestaak het voorheen het ek my kant gebring so ek glo hulle sal my ñ rassis noem al is dit net om hulle eie rassehaat te probeer wegsteek in hulle oê is alles wat wit is sleg hoef ek dan regtig my hulp te verleen ??

Kay ·

ek dink nie ek is die enigste een wat so voel nie …daar word oral foto’s gewys … van skenkings en hope goed wat aangery word na die gebiede … en wat sien mens dis die mense wat nie eers deur die brande verarm is wat eerste in die lyn val om handout te ontvang .. dan plunder hulle die huis wat mense agter gelaat het om voor die vuur uit te kom … wat maak dit reg ? ek glo dat elkeen wat iets skenk doen dit met ‘n doel die mense samel duisende rande se goed in om te skenk met die hoop dat dit by die persone wat skade gely het sal uitkom … Dis jammer dat die mense wat voel hulle is benadel in die verlede niemand ander ook ‘n brood sal gun nie . ek hoop dat die blankes wat hier skade gely het ook van die goed gaan kry . Dit het niks met ras te doen nie net die wat skade gely het moet die goed wat ingesamel word kry. Daar is soveel groepe gestig om op die wa te klim en in te samel maar het iemand al gaan kyk wat is die behoeftes ? Sien dit baie onder die blanke mense ons samel in en skenk maar isdit omdat ons skuldig voel .. is dit om weereens gesien te word ( is dit vir die klop op die skouer ) of kom dit werklik uit die wat nou afjaag met ‘n bakkie vol klere se harte en mee gevoel .. ek wonder ??/

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.