Menseregtekommissie skeer nie almal oor dieselfde kam

Adam Kazavelos buite die landdroshof in Rustenburg. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die Afrikanerbond verwerp enige vorm van rassisme, hetsy deur woord of daad. Dit geld vir wit en swart rassisme, enige vorm van diskriminasie en haatspraak. Hierdie standpunt het ons al telkemale gehuldig en ons sal dit in geen vorm goedpraat of regverdig nie. Dit geld ook vir die uitsprake van Adam Catzavelos wat in Augustus 2018 in ʼn video gemaak is tydens sy vakansie in Griekeland en wat deur sosiale media versprei is. Dié uitsprake moet sonder enige voorbehoud verwerp word.

Wat egter verstommend is, is dat die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie geen konsekwentheid in sy optrede toon nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan Catzavelos nou van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla. Volgens mediaberigte het die SAMRK bevestig dat die feit dat Catzavelos die video in Griekeland gemaak het, nie ’n probleem is nie.

Die Afrikanerbond wil die Menseregtekommissie daaraan herinner dat hulle ná ʼn klagte wat ons in Augustus 2008 oor oudminister Essop Pahad en sy rassistiese opmerkings wat hy in Beijing, China teenoor wit mense gemaak het, die klagte van die hand gewys het. In ʼn skrywe gedateer 1 September 2008, sê die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie dan:

“We wish to advise that the functions of the South African Human Rights Commission are set out in section 184 of the Constitution. In particular, section 184(1)(c) provides the ‘South African Human Rights Commission must monitor and assess the observation of human rights in the republic.’ In the light of the foregoing, we note that the Minister has made such utterances while in Beijing. In this regard, the cause of action arose in Beijing and the South African Human Rights Commission has no jurisdiction in matters arising outside the republic.”

Niks het verander in die Grondwet wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nou skielik anders wil interpreteer en toepas nie. Die feit dat dit deur sosiale media geskied het, is nie anders as toe Pahad se opmerkings destyds in die Suid-Afrikaanse media gerapporteer is nie.

Ons het reeds by vorige geleenthede ons ernstige kommer uitgespreek oor die bedenklike aard van optrede en uitsprake van die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie. Die SAMRK se beslissings en openbare uitsprake is eenvoudig nie konsekwent en ewewigtig nie. Die SAMRK is ook baie selektief in optrede teen moontlike rassisme en haatspraak.

Suid-Afrikaners verloor toenemend vertroue in dié grondwetlike instelling om rassisme en haatspraak behoorlik te monitor en om kragdadig op te tree teen enige vergrype wat menseregte sou skend. Die SAMRK hou aan om ernstig teleur te stel in sy rol as voog en bewaarder van die Handves van Regte en die toepassing daarvan vir alle Suid-Afrikaners.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jan Bosman

Jan Bosman is Hoofsekretaris van die Afrikanerbond.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Ek het nog nooit enige vertroue in die Suid Afrikaanse Menseregte Kommisie gehad nie en ook nie van die sogenaamde konstitusiole hof nie, altwee is niks anders as front organisasies van die ANC en soos deur iemand anders dit ook sien soos wat ek dit sien, ‘n klug.

Ja swaer ·

Nouja toe, wat se die Mense(on)regtekommissie daarvan? SA instansies het geen jurisdiksie oorsee nie. Ek hoop die man se regsverteenwoordiger hamer daarop.

Jack de klerk ·

So Jan Bosman ons almal weet die MRK is n klug en het hulle mes in vir blankes. Wat doen julle daaraan as n organisasie. Julle , die afriforum En solidariteit groep en Steve se organisasie moet die rolspelers persoonlik daar in die howe gaan aanvat en ontbloot die MRK se rassisme.

Marius ·

Die MRK is net nog n piesang aan die boom vd piesang republiek van SA wat deur n klomp narre van die ANC sirkus regeer word. Gelukkig kan Adam hom nou op die president beroep wat die MRK self daar gestel het. Hoe sê hulle van iemand n lang genoeg tou gee ?

Anoniem ·

Die verskil is dat slegs Blankes volgens die MRK, haatspraak kan uiter. Die res geniet politieke immuniteit.

Carl ·

Die groot probleem, wat hand aan hand loop met die MRK se eie vurige en naakte onverdraagsaamheid teenoor witmense, is hulle onverbloemde onkundigheid.

Andreas ·

Mnr Bosman, dit sal nou werklik baie gaaf wees indien julle hierdie skrywe van julle aan die MRK kan stuur en sommer ‘n afskrif daarvan aan Adam Kazavelos se regspan.

Andreas ·

Ek het nou vlugtig op die Afrikanerbond se webwerf gaan kyk, en ek is nie so seker dat hulle meer dieselfde missie en visie as Die Broederbond gehad het nie, die naam Afrikanerbond wil ook al sê dat dit nie dieselfde organisasie as in die verlede is nie. Mnr Bosman kan dalk op ‘n stadium meer oor die geskiedenis en die hede toelig.

Suzette Geringer ·

Nog nooit rede gehad om vertroue in die MRK te hê nie…. hulle is ook gekaap

Hans ·

Kan daar nie in hooggeregshof ‘n aansoek ingedien word om alle beslisings/bevele deur MRK te laat hersien nie-veral deur ‘n onafhanklike instansie of afgetrede regter.

Schalla ·

Is dit nie moontlik om die SAMRK by ‘n internasionale menseregte kommissie of kriminele hof te dagvaar vir hul dubbel-standaarde nie? Vir wat dit werd is….

Afriforum se taktiek om die buiteland te laat weet wat in die land aan die gebeur is t.o.v. plaasmoorde begin vrugte afwerp (of ten minste lyk dit of enkele mense begin notisie neem). Al hierdie ander dubbel-standaarde en uitsprake moet ook op dieselfde manier aan die groot klok gehang word.

Patriot ·

Dis belaglik… As die ou nou weier om terug te keer SA toe, ek verstaan hy bly nou in Griekeland, gaan hulle Interpol stuur om hom te gaan haal???

Andreas ·

Die MRK voel ‘n veer, hulle sing vir die Suid-Afrikaanse gehoor, hulle fluit soos ‘n viool!

Pieter ·

Die sogenaamde Mense Regte Kommisie is uit en uit ‘n klug en baie eensydig in hul oordeel! Of is hul nou kleurblind?

Dries du Toit ·

Die MRK is n openlike vyand van alle blankes en alle menseregge

Slagyster ·

Wat van die belastingbetalers wat die prys moet betaal?

Wonder soms ·

Ag die hele land en sy regering is een plunderende klug. Die dat almal hulle bes doen om óf self landuit te gaan óf te sorg dat hulle kinders daardie roete volg. Vroëer die week het een of ander uitlokkende “reverse” rassis, op fb, teenoor ‘n blanke getart dat hy (die rassis) in sy (die blanke) kop woon, “rent free”. Ek wonder of hulle besef die mense wat hulle so haat en probeer onderdruk en uitmoor dalk nie op die oog af gaan “wen” nie, maar ons sal altyd “rent free” in húlle leë koppe woon. Al het ons lankal, soos Ferreira, ons goed gevat en getrek, en hulle met hulle eie gemors gelaat… ek sê altyd: doen aan my wat jy wil, maar jy bly wat jy is… iets wat ek nie hardop mag sê nie, juis agv die MRK.
Just saying

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.