Ope brief aan Afrikaanse ouers en onderwysers

Kallie Kriel. (Foto: Reint Dykema)

Die bewoording van die gewysigde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) (weergawe B 2D-2022) herbevestig dat Bela ʼn direkte aanslag is op die voortbestaan van Afrikaanse skole en die reg van ons kinders tot onderrig in Afrikaans.

Daarom is dit belangrik dat ouers en skole Bela met mening moet teenstaan om te verhoed dat provinsiale onderwyshoofde se magte deur wetgewing versterk word om Afrikaanse skole direk te kan teiken.

AfriForum versoek u om self die onderstaande artikels – wat direk in Engels uit die B 2D-2022-weergawe van die Bela-wetsontwerp aangehaal word – te lees sodat u eerstehands kennis van die gevare daarvan kan neem.

Doel van die wetsontwerp

Soos gebruiklik in wetgewing is daar ook aan die begin van Bela ʼn kort uiteensetting van wat die doel van die wetsontwerp is. Bela se doel word onder meer soos volg omskryf (my eie beklemtoning):

To amend –

  • the South African Schools Act, 1996, […] to enhance the authority of the Head of Department in relation to the admission of a learner to a public school, after consultation with the governing body of the school;
  • […] and that the Head of Department may direct a public school to adopt more than one language of instruction, […]

Uit bogenoemde is dit reeds duidelik dat Bela ten doel het om die onderwyshoof se magte te versterk om die finale besluit oor ʼn skool se toelatings- en taalbeleid te hê. Die onderwyshoof se besluit hoef nie in oorleg met ʼn beheerliggaam te geskied nie, maar oorleg. Dit beteken dat die onderwyshoof nie verplig is om aan die beheerliggaam se insette gehoor te gee nie – hy/ sy hoef dit slegs te oorweeg en kan dan steeds alleen besluit.

Toelating

Die doel van die wet, naamlik om aan die onderwyshoof die finale besluit oor ʼn skool se toelatingsbeleid te gee sonder om hom/ haar te verplig om aan die beheerliggaam se insette gehoor te gee, word soos volg in artikel 4(d)(b) van Bela vervat (my eie beklemtoning, maar die oorspronklike kursivering):

4(d)(b)   the Head of Department, after consultation with the governing body of the school, has the final authority, subject to subsection (9), to admit a learner to a public school; […]

Taal

Die feit dat die beheerliggaam ʼn taalbeleid kan opstel, is positief, maar dit word geneutraliseer deurdat die beheerliggaam die taalbehoeftes van die distrik van die skool in ag moet neem by die opstel van die taalbeleid. Daar is weinig of geen skooldistrik in veral die noordelike en sentrale dele van die land waar die meerderheid inwoners ʼn ander taal as Engels as voertaal verkies nie. Dié bepaling lees soos volg (my eie beklemtoning, maar die oorspronklike kursivering):

5(c)(5)   The governing body of a public school, when determining the language policy of the school or any amendment thereof, must be satisfied that the policy or the amendment thereof takes into account the language needs, in general, of the broader community in the education district in which the public school is situated, […]

Die mees drakoniese artikel is egter die bepaling dat die onderwyshoof ʼn skool opdrag kan gee om meer as een onderrigtaal aan te bied. Dié artikel lees soos volg (my eie beklemtoning, maar die oorspronklike kursivering):

5(7)       Notwithstanding the provisions of subsection (2), the Head of Department may, where it is practicable to do so and subject to subsection (5), direct a public school to adopt more than one language of instruction.

Die opdrag moet ook gegrond wees op die taalbehoefte van die distrik (dus Engels) (my eie beklemtoning, maar die oorspronklike kursivering):

5(8)       The Head of Department, in determining whether it is practicable for a public school to have more than one language of instruction, must take into account […]

[…]

5(8)(d)   the language needs, in general, of the broader community in the education district in which the public school is situated.

Ons wens, naamlik dat die proses wat gevolg moet word om ʼn skool se taalbeleid te verander as teenwig kan dien, word ongelukkig gekniehalter deurdat die onderwyshoof slegs oorweging moet skenk aan voorleggings wat hy/ sy ontvang, waarna hy/ sy nie verplig word om daaraan gehoor te gee nie. Dié klousule lees soos volg (oorspronklike kursivering):

5(9)        The Head of Department may not act in terms of subsection (7) unless he or she has–

[…]

5(9)(d) conducted a public hearing, on reasonable notice, to enable the community to make representations to him or her in relation to such action; and

5(9)(e) (has) given due consideration to any such representations received.

Die feit dat ʼn beheerliggaam appèl teen ʼn onderwyshoof se beleid kan aanteken, word ook vertroebel deurdat die provinsiale LUR oor dié appèl moet besluit. In praktyk beteken dit dat iemand soos Panyaza Lesufi (toe hy LUR vir onderwys in Gauteng was) oor ʼn appèlaansoek sou moes besluit. Dit bied weinig troos.

As niks verander nie, hoekom word die taalklousule gewysig?

Die onderwysowerhede wil met Bela ʼn nuwe regsbasis skep wat die onderwyshoof se besluitnemingsmagte versterk om teenstrydig met die besluite van beheerliggame op te tree om Afrikaanse skole sodoende te teiken. Dit sal hierna baie moeiliker wees as voorheen om in die howe te slaag, en regsaksies sal groot onkoste vir skole inhou.

Wat kan u doen?

AfriForum versoek u, as ouers en onderwysers, om ʼn mandaat aan AfriForum te gee om teen Bela vir die behoud van Afrikaanse skole te veg. U kan dit by die webwerf www.stopbela.co.za doen.

Vriendelike groete,

Kallie Kriel                                       

Uitvoerende hoof                         

AfriForum                                        

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

skurweberg ·

My vraag is, het ons hier met Transformasie of Hervorming te doen? Uit die inligting van die ope brief is dit duidelik dat Transformasie die ideologie is en die Bela-wet die voertuig,is waarmee die staat poog om verandering wil bewerkstellig. Ek hoop dat ouers presies weet wat die begrippe behels en wat die verdere implikasies is, sou hierdie wet aanvaar word. Dit is nie net ‘n aanslag op die taal nie, aangesien dit ‘n evolusionisme impliseer en wat bedoel is om nie net ‘n totale nuwe mens te skep nie, maar ook ‘n nuwe orde daar te stel .

skurweberg ·

My vraag is, het ons hier met Transformasie of Hervorming te doen? Uit die inligting uit die brief is dit duidelik dat Transformasie wat ‘n ideologie is en die Bela-wet die voertuig,is waarmee die staat poog om verandering te bewerkstellig. Ek hoop dat ouers presies weet wat die begrippe behels en wat die verdere implikasies is, sou hierdie wet aanvaar word. Dit is nie net ‘n aanslag op die taal nie, aangesien dit ‘n “evolusionisme” impliseer en wat bedoel is om nie net ‘n totale nuwe mens te skep nie, maar ook ‘n nuwe orde daar te stel .

Republikein in die Wes Kaap ·

Die oorlog is reeds in 1994 verloor. Dis nou te laat om ouers op te sweep. Gebruik eerder jul energie en hulpbronne en werk aan alternatiewe planne. Selfs binne openbare skole is daar verskeie opsies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.