Stephen Grootes skryf die afgelope week dat AfriForum se hofsaak Malema “versterk”. Kallie Kriel meen enige geleentheid, soos dié hofsaak teen Malema, wat aan hom die geleentheid bied om sy gewelddadige neigings te ontbloot, verswak inderwaarheid sy posisie.
Lees meerAlles deur die skrywer Kallie Kriel
Afrikaans: Veg by Unisa, bou met Akademia
Afrikaans as onderrigtaal in die tersiêre onderwyssektor het te wyte aan die ANC-regering groot veld verloor. Die vraag is hoe die Afrikaanse gemeenskap op dié aanslag op Afrikaans by universiteite moet reageer.
Inentings: Is vryheid belangriker as dwang?
Dié van ons wat wel inentings ondersteun, moet versigtig wees om nie die staat se moontlike planne te ondersteun om mense se liggaamlike integriteit te skend deur ’n naald onder dwang in hul arms te wil druk nie, skryf Kallie Kriel.
Verbreek die stilte oor vroueslaners
Geweld teen vroue is ’n skandvlek op ons samelewing. Om geweld teen vroue te bekamp, moet ons drie vereistes nakom wat ten nouste met mekaar verbind is.
AfriForum vier sy 15de verjaarsdag met 275 000 lede
Ons kan, ons wil en ons sal saam nog baie meer doen in die komende jare. Ons is dit aan ons gesinne, familie en nageslag verskuldig.
Staan sterk teen intimidasie om die knie voor #BLM te buig
Hoe is dit moontlik dat ʼn relatief klein groep radikale linksgesindes daarin kon slaag om selfs mense wat van beter behoort te weet, sover te kry om oor hulle voete te val om die knie te buig voor #BLM-beweging se uitgesproke Marxistiese agenda?
Sterk selfstandige gemeenskappe is ons reddingsboeie
Ons elkeen het ’n kritieke rol te speel om ons gemeenskappe sterker te maak. Kallie Kriel van AfriForum verduidelik hoe jy dit prakties kan doen.
Rasbehepte regeringshulp kom neer op ekonomiese moord
Die ANC-regering se rasbehepte afkeur van minderheidsgemeenskappe het tydens die Covid-19-krisis tot nuwe vlakke van gemeenheid gedaal, skryf Kallie Kriel.
Suksesresep vir toekomshoop
“Ek het baie hoop vir die toekoms,” sê ek onlangs vir een van my vriende. Hy kyk my stomverbaas aan.
Verbanning in die naam van Mandela
Die land kan nie weer ’n sensuurraad bekostig nie, selfs nie al funksioneer sodanige raad nou onder die naam Nelson Mandela-stigting nie, skryf Kallie Kriel.
AfriForum veg en bou voort
Tussen verkiesings is daar vyf jaar met 365 dae elk (buiten in skrikkeljare) waarin AfriForum, sy personeel, vrywilligers en lede elke dag met genade van Bo en harde werk ’n verskil kan maak deur AfriForum en die Solidariteit Beweging se praktiese toekomsplan te help implementeer, skryf Kallie Kriel.
Vir wie moet ek stem?
Die vraag, “Vir wie moet ek stem?”, word volgens my ervaring die afgelope paar weke aansienlik meer gereeld as voor enige ander onlangse verkiesing deur lede van minderheidsgemeenskappe gevra.
Onteiening, ‘Disrupted Land’ en die IRV
Tog is ek ook dank aan die IRV verskuldig, aangesien die omstredenheid wat hy geskep het, gehelp het dat duisende mense reeds na die dokumentêr op YouTube gekyk het. Hopelik sal dit help om gesonde debat te stimuleer, waar groter ruimte vir uiteenlopende standpunte geskep word.
Beveg rassehaat met wedersydse respek
Die vraag bly: Hoe het dit gebeur dat dit skynbaar aanvaarbaar is om wit mense – in ’n land wat op papier veronderstel is om nierassigheid en menswaardigheid te bevorder – as geheel tot die sondaars in die land te verklaar?
#SkepSaamHoop: Werk hard, staan vas en praat hoop!
As jy niks doen nie omdat jy dink jy kan niks bereik nie, word dit ’n selfvervullende professie, want jy gaan dan nie die loop van die geskiedenis kan verander nie. Jy word dan bloot ’n slagoffer van die geskiedenis.
AfriForum/Zoeloe-bondgenoodskap ’n teenvoeter vir isolasie
AfriForum is vasberade om te verhoed dat Suid-Afrika dieselfde pad as Venezuela en Zimbabwe loop en sal daarom sy veldtog teen onteiening sonder vergoeding – plaaslik en internasionaal – verder verskerp. Die organisasies sal terselfdertyd voorgaan om gesonde verhoudings en wedersydse erkenning en respek tussen kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te bevorder.
Genuanseerde debat is nodig, ook oor apartheid
My beroep op elkeen wat hierdie artikel lees, is dat ons nie moet toelaat dat ons tot selfsensorskap geboelie word nie. As ons aan hierdie soort boelietaktiek en verguising toegee, sal niemand in die toekoms dit durf waag om iets te sê wat nie met die regerende elite se uitgangspunte strook nie.
Wit mense het grond wettig bekom
“Wit mense het grond wettig bekom. Hiér is die feite.”
Só vorder Gerrie Nel met privaat vervolgings
Na adv. Nel se aankondiging in hierdie verband, het ʼn aantal lesers van Maroela Media gevra wat van die vorige privaatvervolgingsake wat AfriForum aangekondig het, geword het. Kallie Kriel van AfriForum gee daarom graag terugvoer.
AfriForum nou 200 000 sterk
Dankie aan elkeen wat die pad saam met AfriForum gestap het tot op hierdie punt. Ek sien daarna uit op saam met hulle die pad vorentoe te stap, nie net tot by die 250 000-mylpaal nie, maar tot op die punt waar ons almal ʼn nóg groter bydra gelewer het om ʼn beter toekoms te skep.