Ouers in die Wes-Kaap het slegs tot Vrydag kans om hul finale keuse van skool vir 2022 te bevestig.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Junie 2021
‘Spoorloos 3’ binnekort op die kassie
Wat het daardie verskriklike nag gebeur? Wie het die ouers vermoor en hoekom is die dogtertjie ontvoer? Vyftien jaar later kry haar familie die tyding: Sy is gevind.
Departement van water is ‘onwillig, onbekwaam’
“Regsruimtes bestaan vir byvoorbeeld gemeenskap/openbare-vennootskappe, maar die wil van munisipaliteite en staatsdepartemente ontbreek.”
Massagraf in Kanada het meer as 750 grafte
Dit is die meeste grafte wat tot dusver in Kanada gevind is.
Verbod op Delta Air is ‘rampspoedig’
“Die besluit het nie net verreikende gevolge vir toerisme in die Wes-Kaap nie, maar kan ook tot werksverliese lei.”
Lasbrief vir munisipale bestuurder oor rioolklagte
’n Strafregtelike klag is al in 2016 teen die munisipale bestuurder van Randfontein aanhangig gemaak in verband met rioolbesoedeling.
Dr. Theo de Jager tot WLO-president herkies
De Jager het in 2017 die eerste Suid-Afrikaner geword wat as president van die Wêreldlandbou-organisasie verkies is, nadat hy as erelid van die Commercial Farmers’ Union van Zimbabwe (CFU) genomineer is.
ToekomsVenster: Wees eengesind
Beywer jou vir die eenheid van God se kinders in hierdie wêreld.
Magashule-skorsing ʼn ‘gemors’ – Mpofu
Ace Magashule se regspan hou vol sy skorsing was onregmatig en dat sy grondwetlike regte geskend is.
Covid-19 ‘oral’ in Gauteng, strenger maatreëls nodig
’n Voorstel vir ’n “hibriede” afsonderingsvlak in Gauteng is gemaak. Dít behels vlak 3-afsonderingsregulasies, tesame met sommige van vlak 4 se maatreëls.
Vulstasievlyt: Ledige arbeid lei tot lappieskombers
ʼn Vulstasie-eienaar van Fochville se plan om haar werkers besig te hou, het spoedig ʼn spanpoging geword wat ook ʼn verskil in die gemeenskap maak.
Verwoestende brand op Tafelberg is gestig – verslag
Die brand in April vanjaar het groot skade aan die Universiteit van Kaapstad se geboue en die Rhodes-gedenksteen aangerig.
Luister in 3 minute: SA beklee laagste posisies in mededingendheid
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” na die 200 afgestudeerde dokters wat nog nie in internskappe geplaas is nie. Hy bespreek ook probleme in die mynboubedryf en ʼn verslag oor internasionale mededingendheid waarin Suid-Afrika al hoe vrotter vaar.
Dele van Charlotte Maxeke-hospitaal weer oop
Daar is aanvanklik vroeër vandeesweek gesê dat dele van die hospitaal eers volgende maand sal heropen.
Opod ondersoek nóg ʼn dood aan hande van polisie
“Die man het hom teen die inhegtenisneming probeer verset, waarna die beamptes hom glo voor sy broer en vriendin aangerand het.”
Groep kry erkenning vir vryheidstryd in pandemie
“Hoewel geen beleidsreaksie teen iets soos die Covid-19-pandemie ooit perfek kan wees nie, moet die wêreld ligloop vir reaksies wat groter regeringsmag verskans, sakeondernemings vernietig en mense tot honger en armoede dwing.”
Haweloses plak langs Madiba by Uniegebou
ʼn Groentetuin waar dagga na bewering ook gekweek word, is reg langs die standbeeld van oudpres. Nelson Mandela opgerig.
Jou testament, jou koninkryk, jou nalatenskap
Jy hoef nie ʼn koninklike te wees om jou sake in orde te kry nie.
3 000 jaar oue slagoffer van haai-aanval gevind
Navorsers kon vasstel die slagoffer is 3 000 jaar gelede deur ‘n haai aangeval.
Murray kan sy Olimpiese titel verdedig
Die 34-jarige Skot, wat deesdae kwaai met beserings sukkel, is die enigste speler wat by twee agtereenvolgende Olimpiese kompetisies met die goue medalje kon wegstap.