Massagraf in Kanada het meer as 750 grafte

’n Nagwaak is vroeër die maand gehou nadat die oorskot van 215 kinders in ongemerkte grafte in Brits-Columbië ontdek is. (Foto: Cole Burston/AFP)

Die Saskatchewan Eerste Nasie het gesê hy het minstens 751 ongemerkte grafte gevind op die perseel van ʼn voormalige kosskool.

Die Cowessess Eerste Nasie het gesê grond-deurdringende radar het die grafte by die Marieval-kosskool onthul. Volgens die groep is dit die meeste grafte wat tot dusver in Kanada gevind is.

Maroela Media het vroeër berig die grafte is vandeesweek naby die voormalige Katolieke kosskool vir inheemse kinders in Saskatchewan in die weste van Kanada ontdek. Opgrawings om die perseel van die voormalige Marieval Indian Residential School het einde Mei begin nadat die oorskot van 215 leerders sowat ’n maand gelede by ’n ander voormalige Katolieke kosskool vir inheemse kinders in Kamloops, Brits-Columbië, ontdek is.

Die gruvonds plaas weer die kollig op ʼn donker hoofstuk in Kanada se geskiedenis met ʼn hernude versoek aan die pous en die kerk om om verskoning te vra vir die mishandeling en geweld by die skole waar skoliere gedwing is om aan te pas by die land se dominante kultuur.

Opgrawings by die skool het aan die einde van Mei begin ná die oorskot van 215 skoolkinders by ʼn ander voormalige inheemse kosskool in Brits-Columbië gevind is. Ná die oorskot by die Kamloops-skool gevind is, is daar ook met opgrawings by ander voormalige instansies vir inheemse kinders reg oor Kanada begin, met behulp van owerhede.

Sowat 150 000 Amerikaanse Indiane, Mesties en Inuïete is tot die 1990’s verpligtend opgelei in 139 van dié kosskole reg oor Kanada. Hulle is van hul families, taal en kultuur geïsoleer.

Talle is aan mishandeling en seksuele misbruik onderwerp en meer as 4 000 het in die skole gesterf, aldus ʼn Kommissie van Ondersoek wat bevind het Kanada het “kulturele volksmoord” gepleeg teen die inheemse gemeenskappe.

Perry Bellegarde, president van die Kanadese Vergadering van Eerste Nasies, sê die ontdekking is “absoluut tragies, maar nie verrassend nie”. “Ek moedig alle Kanadese burgers aan om saam met Eerste Nasies gedurende hierdie ongelooflike emosionele tyd te staan.”

Die Marieval-kosskool het leerders tussen 1899 en 1997 gehuisves voordat dit gesloop en met ’n dagskool vervang is.

Een voormalige skolier, Barry Kennedy, het ook gesê hy is geskok maar nie verbaas nie. “Tydens my tyd by die Marieval-kosskool het ek ʼn jong vriend gehad wat een aand al skreeuende weggesleep is,” het hy aan die uitsaaier CBC gesê. Hy het die maat nooit weer gesien nie. “Sy naam was Bryan. Ek wil weet waar Bryan is.”

Hy het die geskiedenis van geweld by die skool beskryf.

“Ons is aan verkragting blootgestel. Ons is aan gewelddadige aanranding blootgestel. Ons is blootgestel aan dinge wat nie normaal was vir ons families nie,” het hy gesê. Hy vermoed die grafte wat tot dusver gevind is, is nog net die oortjies van die seekoei. “As mens luister na die stories wat ons vriende en medeskoliere vertel, dan is daar verskeie liggings – jy weet, per skool.”

Talle inheemse gemeenskapsleiers verwag dat nog grafte in die volgende paar maande gevind gaan word. Soektogte het reeds moontlike ongemerkte begraafplase onthul in Ontario en Manitoba.

Menseregtekenners van die Verenigde Nasies het vroeg in Junie, net ʼn paar dae ná die beendere by Kamloops gevind is, Ottawa en die Vatikaan gemaan om dringend ʼn volledige ondersoek van stapel te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bushy ·

Name them and shame them. Vervolg die oortreders wat moontlik nog leef soos die oorlogs musdadigers van die Tweede Wereld oorlog en onlangse seksuele oortreders vervolg was. Indien nie is daar dubbele standaarde. Selfs die wat reeds dood is moet genoem word.

Misky ·

Dis onmenslik en so baie gevalle soos die daar buite. Kyk die fliek Sleepers en absoluut briljant!!! Tans op Netflix

koos ·

Ahaaaa….wie was van die voorste grootbekke by die VN toe dit oor sanksies en die vorige SA regering se sogenaamde mishandeling van swart mense gegaan het? Kry vir julle, julle huigelaars!!! Moordenaars van onskuldige kinders, nie eens politieke opponente nie. Waar is die Weste en hulle eiewaan van geregtigheid nou?
My simpatie aan die slagoffers, ek bid en vertrou daar sal vir hulle geregtigheid kom.

Blikkies ·

Solank hulle nie Apartheid en Jan Van Riebeeck die skuld gee nie.

Hoekom ·

Dit is jammer om te hoor dat so baie kinders onnodig dood is, maar die indiane was te bly om hulle kinders agtertelaat by sulke skole en selfs al het hul kinders gesterf het hulle nooit die kinders se lyke kom haal en die nodige begrafnisse gehou nie. Alles moes gereel word deur die betrokke skole en kerk. Griep was vir hulle ‘n nuwe siekte en het gemaai onder hulle nommers. Ek soek eers die nodige feite en bewyse voor ek net glo wat gesê word.

Die indiane was nie vrede soek nasies nie. Kyk die fliek “Balad of Busty Shruggs” wat die indiane uitbeeld soos hulle regtig was en moet nie die romanse en fantasie weergawes wat uitgebeeld word van hul geskiedenis glo nie. Hulle het ongetwyfeld net so baie en meer wit settlaar kinders dood gemaak, wit settlaar vroue verkrag en al dit boonop op wreder maniere. Is dit dan nie ook volksmoord nie?

Kobie ·

Jy het GEEN idee waarvan jy praat nie. “First Nations” het nie hul kinders by die skole vrywillig gaan los nie. Die kerk en regering het kinders van hulle ouerhuise verwyder en in die skole geplaas. Die doel was om hulle te vervreem van hul eie mense en kultuur en om die dominante Kanadese kultuur op hul af te dwing.
So, in plaas van jou “feite” dmv ń “cowboys en crooks” fliek te kry , moedig ek jou aan om eenvoudig ‘Canadian residential school system “ te google. Die Wikipedia bladsy behoort dit mooi te verduidelik.
Groete
Kobie

Andries ·

Katolieke is die saad van die duiwel. Hoeveel Nazi beamptes is deur die katolieke weg gesteek na die tweede wêreld oorlog. Die oudste geskiedenis van katolieke is moord en om ander mense uit te roei.
Kyk maar die geskiedenis, as jy nie ‘n katoliek geword het nie dan was jy gemartel tot jy dood is en as jy ‘n katoliek word het hulle jou nogsteeds dood gemaak maar sonder marteling.

Blikkies ·

Dit is Baie Tragies en jammer vir daardie mense en hulle families wat dit moes deurmaak.

JohanR ·

Mans sal nooit kan meet hoeveel verdriet die Katolieke in die wereld al veroorsaak het nie!

John ·

Já… so kom die gesofistikeerde en vrome en eerste wêreld voorbeeldige KANADA so sondes aan die lig. Dan wil ons nog soontoe ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.