Neil Roets, die bestuurshoof van die skuldberadingsmaatskappy Debt Rescue, het sy kommer uitgespreek oor verbruikers wat winskopies op Swart Vrydag met skuld gefinansier het.
“Te oordeel aan al die mediadekking vanaf Vrydag, is dit baie duidelik dat verbruikers gebruik gemaak het van die winskopies wat beskikbaar was.”
Hy het bygevoeg dat daar was weereens groot massas mense wat die winkels gestormloop het om gebruik te maak van die korting op pryse.
Volgens Roets sal alle aankope wat op skuld gekoop is, deur die rentekoersverhoging wat verlede week aangekondig is, geaffekteer word.
“Daar is ʼn groot moontlikheid dat baie van die Swart Vrydag-aankope op skuld gedoen is, en as die rekeninge nie spoedig afbetaal word nie, kan die rente ʼn impak op die afslagpryse hê.”
Roets sê egter dat die rentekoersverhoging ʼn groter impak op verbruikers se begroting gaan hê, en sit nog meer druk op mense wat al klaar finansieel sukkel om die einde van die maand te bereik.
Roets sê vanjaar was ʼn taai jaar vir vuisvoosverbruikers. Hy skryf dit toe aan verskeie faktore. Volgens hom gaan dit gepaard met die ander faktore wat ook ʼn baie negatiewe impak op verbruikers gehad het.
Hy sê dit sluit in brandstof- en elektrisiteitverhogings en natuurlik die indirekte impak van brandstof op die koste van kos en ander produkte as gevolg van die vervoerkoste. Boonop is belasting op toegevoegde waarde (BTW) ook met 1% verhoog.
Roets maan dat dit belangrik is dat verbruikers so gou moontlik presies weet wat hulle finansiële posisie is.
“Die beste manier om dit te doen, is deur ʼn begroting te doen. Sodoende kan ʼn persoon sien wat sy inkomste is, waarheen sy geld elke maand gaan en waar veranderinge gemaak kan word.”
Hy het bygevoeg dat indien daar nie meer plek is vir aanpassings nie, dit ook die beste manier is om te besef dat jy so spoedig moontlik hulp soek, in die vorm van skuldberading.
Skuldberading is ʼn wettige proses waar skuldbetalings hersien kan word, deur die premie te verlaag en die termyn te verleng, terwyl daar wettige beskerming is teen nuwe regstappe.
dont shop if you can’t pay
Wat gaan die winkels doen as die mense net begin vat en hardloop. Die winkels het geen beheer oor daai massas nie. Hulle grou hulle eie graf met die nonsense, op skuld koop of nie.
En wat van roekelose krediet? As mense teveel skuld het, is dit mos roekeloos on meer skuld te gee, dannie? G’n wonder ons ekonomie is in sy kanon in nie, want mense word bloot toegelaat om te koop, maar word beskerm wanneer dit by betaal kom.
Mense vergeet dat die geduldige-boekkie se geduld ook kan uit hardloop.