Grafiek: Mboweni moet fyntrap met begrotingstekort

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-02-deur-stevepb-op-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Verskeie ontleders beskou die komende Februarie-begroting as baie belangrik, selfs miskien die maak-of-breek begroting vir die huidige bedeling. In aanloop tot die Februarie 2020-nasionale begroting publiseer ons ʼn bywerking van ʼn grafiek wat in Februarie 2019 deur ETM Macro Advisors en Sakeliga bekendgestel is.

Tydens die vorige begroting het ETM en Sakeliga gereken dat Mboweni, om fiskale risiko’s te kan verminder, die begrotingstekort na sowat R100 miljard moes afbestuur.  Mboweni se plan (rooi kolle) in Februarie 2019 het egter reeds beteken dat die tekort na sowat R250 miljard sou vergroot oor die medium termyn.

Die prentjie, in Januarie 2020, is nou nog meer kommerwekkend. Tans is die geprojekteerde begrotingstekort, soos teen Januarie 2020, meer as R300 miljard. Hierdie bedrag steek selfs die beoogde R250 miljard tekort wat in die vorige Februarie-begroting voorsien is, verby.

Die regering se finansies is gevolglik nie besig om te verbeter nie en die tesourie gaan ʼn reusetaak hê om die fiskale agteruitgang van die regering te stuit.

Grafiek: Sakeliga.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.