‘BTW-verhoging moet teësinnig’ aanvaar word

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Die parlement se staande komitee oor finansies het gesê dit het na aansienlike beraadslaging teësinnig die verhoging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) aanvaar.

Tydens openbare verhore oor dié aangeleentheid was daar eenparige teenstand teen die verhoging. Yunus Carrim, voorsitter van die komitee, het gesê hulle het van die begin af hul ernstige bedenkings oor die verhoging uitgespreek, onder meer oor die negatiewe impak op die armes en laerinkomste-groepe wat reeds gebuk gaan onder die verhoging in brandstofpryse en lewenskoste.

Carrim het gesê die komitee is egter ook bewus van die ernstige beperkings op die begroting en die desperate behoefte om bykomende inkomste te genereer. “Die druk het meer geword na aanleiding van die bekendstelling van die mediumtermynbegroting wat ekonomiese groei op 0,7% geraam het.

“Volgens die mediumtermynbegroting word ʼn tekort van R27,4 miljard in die boekjaar verwag, insluitend R20 miljard in BTW-opgawes wat teruggehou is.” Volgens Carrim verwelkom die komitee egter die aankondiging dat koek- en witbroodmeel en sanitêre produkte vanaf 1 April 2019 van BTW vrygestel sal word.

Die komitee is egter van mening dat daar meer geteikende uitgawes kan wees om die uitwerking van BTW op die armes te verminder deur binne die uitgaweplafon te herprioritiseer. “Die Nasionale Tesourie moet die moontlikheid oorweeg om die toewysing van gratis water en elektrisiteit aan behoeftige huishoudings en geskenkbewyse vir skooluniforms by skole waar daar geen klasgelde is nie te verhoog.”

Volgens Carrim moet die parlement en regering ook meer as ooit tevore seker maak dat meer inkomste verseker word deur aansienlike versterking van die kapasiteit by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om meer inkomste te verkry, verkwistende uitgawes drasties te verminder en korrupsie doeltreffender aan te pak. “Meer inkomste sal ook voortspruit uit beleggings, ekonomiese groei en werkskepping.”

Carrim het gesê die komitee glo dat die verhoging in BTW teësinnig aanvaar moet word maar dat dit aan die einde van die derde jaar ná die implementering daarvan hersien moet word nadat gekyk is watter impak dit op koers van die invordering van belasting en die armes gehad het.

Carrim meen die benadering maak voorsiening vir sekerheid vir die fiskus en ʼn hersiening later.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Arak ·

Ja nee Carrim, julle manne op die soustrein sal nooit praat van die werklike probleem naamlik die enorme staatsdiens waarin al julle maatjies sit nie. Wil jy hê die uitgawes/inkomstes moet klop, begin om van die uitgawes te sny naamlik die staatsdepartemente en verkoop die semi-staatsinstellings wat julle so “goed” bestuur het. Hoeveel departemente en ministers het ons nou regtig nodig en hulle almal leef in weelde sonder om veel by te dra tot die land se ekonomie.

AW ·

I have no complaints, cause those who voted the ANC into Power and Keep The ANC in Power, Must get Some …..

In a manner of speaking, the masses reap from their Vote for and Support for the ANC!!!

Pietman ·

Irrasionele en absurde akademiese oefening waarby niemand baat vind nie en slegs as ‘n rubberstempel dien. Daar kom absoluut dadels van die komitee se oorsigrol – wat het hulle gedoen tydens jare se ouditeur-generaal se verslae wat hoeveel miljoene se vermorsing/diefstal/vrugtelose en/of onnodige uitgawes uitgewys het?

Koos ·

Jaag BTW na 20% toe en verlaag persoonlike belasting. Stel basiese benodigdhede vry – nie luukse goedere nie. Dit sal meebring dat die klomp wat heeltyd net wil hê ook begin bydra.

Judge Dredd ·

Stem saam – baie ontwikkelende lande se BTW is tussen 20%-22% .
Hoe meer mense bydrae hoe ligter word die las wat op mense geplaas word.

ctd ·

Koos ek stem saam met jou . Die hoe inkomste groepe kam maar meer betaal vir al die luukse ekstras . Hulle word ryk deur ons armes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.