Koopkrag: Jou venster na ʼn ryker lewensstyl

Die afgelope drie jaar voer ons as Suid-Afrikaners, en die wêreld, ʼn stryd teen inflasie.

AJ Jacobs, voorsitter van die Koopkrag-direksie, sê hy hou ʼn tabel by om inflasie oor die jare te monitor. En die waarde van R100 in 1960, is tans slegs 90 sent werd. “Anders gestel, om die ekwivalent van R100 se mandjie van goedere en dienste van 1960 vandag aan te koop, het jy R11 000 nodig.”

In ʼn wêreld waar elke sent tel en finansiële beplanning ʼn noodsaaklikheid is, is daar ʼn maatskappy wat die idee van ʼn lewensstyl verander. Koopkrag, ʼn unieke konsep wat verder strek as net ʼn kaart, bied ʼn manier van lewe aan wat gerieflikheid en beloning integreer.

Koopkrag stel jou in staat om jou dag-tot-dag aankope te doen by ʼn wye verskeidenheid van winkels reg oor die land. Met ʼn netwerk van meer as 10 000 deelnemende handelaars, kan jy gerus wees dat jou Koopkrag-ervaring so ver as moontlik sal strek. Maar dit is nie net die gerief van ʼn wydverspreide aanvaarding wat Koopkrag onderskei nie. Dit is die belonings wat die ware verskil maak.

Wanneer jy jou Koopkrag-kaart gebruik, kan jy seker wees dat jy meer kry as net ʼn transaksie. Elke feesseisoen word jy beloon met kontant terug in jou sak. Ja, jy het reg gelees – dit is kontant, nie net punte nie.

Die beloning is regstreeks gekoppel aan jou aankope, wat beteken dat hoe meer jy spandeer, hoe meer verdien jy terug. En asof dit nie genoeg is nie, kan jy jou lojaliteitskaarte van die deelnemende winkels saam met jou Koopkrag-kaart gebruik, wat jou beloningspotensiaal nog verder verhoog.

Maar Koopkrag stop nie net by die winkelvloer nie. Met ʼn verskeidenheid bykomende dienste bied Koopkrag ʼn omvattende finansiële oplossing wat verder strek as net aankope doen. Met ʼn begrotingsfasiliteit kan jy jou aankope oor ʼn tydperk van drie tot 24 maande betaal, terwyl jy boonop ‘n kontantbonus verdien. Of jy nou motorfinansiering, persoonlike lenings, of korttermynversekering benodig, Koopkrag het dit alles. En die beste van alles? Daar is geen aansluitingsfooie nie.

Die Koopkrag-leefstyl is ‘n filosofie van gerief, beloning en finansiële vryheid. Dit is ʼn manier van lewe wat ontwerp is om jou te bevry van die beperkinge van tradisionele finansiële stelsels en om jou te help om jou finansiële doelwitte te bereik. Dit is hoekom mense reg oor die land vandag na Koopkrag draai.

As jy wil deel word van hierdie opwindende leefstyl, sluit vandag aan. Kontak hul vandag nog by 012 3485452, stuur ʼn e-pos na [email protected], of besoek www.koopkrag.co.za vir aanlyn aansoeke.

Koopkrag is nie net ʼn kaart nie. Dit is ʼn leefstyl – ʼn leefstyl wat jou bederf deur net te doen wat jy gewoonlik doen.

Koopkrag is ’n gemagtige finansiëledienste- en kredietverskaffer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.