Meer wins, meer skenkings, minder belasting

Argieffoto (Foto: Edar/Pixabay)

Deur Ronél Kotze

ʼn Klein aanpassing in jou maatskappy se skenkingstrategie (korporatiewe sosiale investeringsagenda) kan ’n besparing van tot 10% vir die maatskappy se belasbare inkomste inhou. Akademiese opleiding is van kardinale belang om enige land se langtermynsukses te verseker. Beplan vanjaar jou maatskappy se skenkingstrategie op so ’n manier dat jy gemeenskappe ophef deur akademiese opleiding te ondersteun en te bevorder.

Om doelgerig te skenk en gebruik te maak van ’n verantwoordelike organisasie wat die gemeenskap en kultuur ken, is ’n bemarkingstrategie wat waarde toevoeg en groot voordeel vir jou maatskappy kan inhou.

Volhoubare ontwikkeling en ondersteuning van openbare weldaadsorganisasies soos die Helpende Hand Studietrust (HHST) wat daadwerklik ’n verskil in die gemeenskap maak, skep bewustheid van ondersteunende maatskappye en lok kliente. Millenniërs en Generasie Z-gebruikers is ingestel op maatskappye se maatskaplike impak, en dit bepaal watter maatskappye hulle ondersteun en waarby hulle graag self aktief betrokke wil raak.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beperk skenkings tot 10% van ’n maatskappy se belasbare inkomste.

Die voorwaardes om hierdie voordeel te benut, sluit in:

  • Die skenking moet ’n onvoorwaardelike skenking wees (waar die skenker niks in ruil ontvang nie).
  • Die skenking moet gemaak word aan ’n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie soos die Helpende Hand Studietrust (HHST).
  • Die openbare weldaadsorganisasie moet gemagtig wees om ’n Artikel 18A-belastingsertifikaat vir onvoorwaardelike skenkings uit te reik.

Die skenking kan in kontant, eenmalig of maandeliks gemaak word, en enige skenkingbedrag bo 10% word oorgedra na die volgende finansiële jaar.

Slegs ’n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie met ’n OWO-nommer, wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uitgereik is, het magtiging om Artikel 18A-belastingsertifikate vir skenkings uit te reik. ’n Artikel 18A-sertifikaat word ná ’n eenmalige skenking uitgereik of aan die einde van die maatskappy se finansiële jaar (vir maandelikse skenkings).

Uit ondervinding sal ek aanbeveel dat ondernemings ’n skenkingstrategie saamstel wat aan die onderstaande aandag gee:

  • hoeveel geskenk gaan word (’n vaste bedrag of persentasie);
  • wat die fokusarea is; en
  • wie gehelp gaan word.

Bou so ’n sterk strategie:

  • Kies een of twee openbare weldaadsorganisasies wat inpas by die skenkermaatskappy se waardes en doelwitte.
  • Beplan ’n skenkingstrategie wat jou maatskappy se handelmerk en omset laat groei en wat waarde toevoeg en bevorder.
  • Ondersteun bestaande klein ondernemings, veral deur opleiding, om hulle in staat te stel om ’n ekonomiese bydraer en werkverskaffer te word.
  • Betrek eie personeel wat betrokke wil raak en graag deel wil wees van ’n projek en ’n maatskappy wat ’n verskil maak.

Laat “Bestuur my eie Studiefonds” deel wees van jou voorneme, en maak 2022 die jaar van meer wins, meer skenkings en ʼn groter impak in die verbetering van die lewensomstandighede van jou medemens.

  • Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 11 000 toekennings met ’n totaal van R277 miljoen aan 4 750 behoeftige studente gemaak.
  • Indien jou maatskappy betrokke wil raak by die Helpende Hand Studietrust om ’n behoeftige student se studiedroom te bewaarheid en terselfdertyd hierdie belastingvoordeel te benut, stuur gerus ’n e-pos aan [email protected].

Hierdie artikel is geskryf deur Ronél Kotze, eienaar van The Tax Guru.

Ronél Kotze is ’n belastingspesialis en eienaar van The Tax Guru. Sy het haar BCom Rekeningkunde-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf. Vir meer inligting oor The Tax Guru, klik hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.