Middelklas spandeer salarisse binne vyf dae, sê FNB

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

FNB het Maandag gewaarsku dat ongeveer 56% van die middelklas-verbruikers in Suid-Afrika hul maandelikse inkomste binne vyf dae of minder spandeer ná hulle dit ontvang.

Dit is volgens data van FNB Kleinhandel wat ʼn middelklas-verbruiker kategoriseer as enigiemand wat ʼn bruto maandelikse salaris van tussen R7 000 en R60 000 verdien.

Raj Makanjee, uitvoerende hoof van kleinhandelbankdienste, het gesê vir meeste verbruikers is dit nie net om van salaris tot salaris te leef nie; die realiteit is dat hul maandelikse salaris nie 30 dae hou nie.

Hy moedig verbruikers aan om finansiële dissipline toe te pas en gesê finansiële dissipline hang nie af van ʼn groter inkomste nie, maar vereis doelbewuste stappe.

“Hierdie verbruikers sukkel om hul geld te bestuur en die tekort lei tot opofferings in belangrike gebiede soos om spaargeld vir noodgevalle beskikbaar te hê of om geld te spaar wat vir onvoorsiene uitgawes gebruik kan word. Groot uitgawes en beperkte spaargeld lei daartoe dat verbruikers op krediet staatmaak om deur die maand te kom en hulle is meer kwesbaar daarvoor om in ʼn skuldstrik te beland,” het Makanjee bygevoeg.

Christoph Nieuwoudt, uitvoerende hoof van FNB Consumer, het gesê meer as die helfte van verbruikers mis ten minste een debietorder oor ʼn periode van 12 maande as teken van die druk waaronder verbruikers verkeer. “Vir byna 40% van hierdie verbruikers is skuldterugbetalings meer as die helfte van hul netto salaris – dit is baie hoog. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan korttermynlenings en winkelkaarte wat verbruikers moet afbetaal. Die ideale scenario is dat ʼn verbruiker een verskaffer het wat vir hulle ʼn transaksierekening gee en die regte tipe krediet wanneer nodig,” het Nieuwoudt verduidelik.

Die bank het gesê van die 30% van middelklas-verbruikers wat wel spaar, spaar vir noodgevalle en minstens een ander langertermyn-doelwit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hens ·

Hahaha

Ons sukkel nie om ons geld te bestuur nie, ons het dood eenvoudig nie genoeg geld vir alles nie. Alles gaan op, maar jou salaris bly dieselle. Verhogings elke jaar is nie in lun met die kostes van lewe nie.

Een goeie ding in my huishouding, nie een van ons het skuld nie!

Piet Pompies ·

Aan die woord is Mnr FNB wat aanbeveel dat kliente spaar, terselfde tyd skakel FNB bemarking my ten minste een keer per maand om ‘n krediet kaart rekening oop te maak.
Ek hoop ter harte dat die petrol prys nie opgaan agv my stelling……

Tiendae ·

Ek is dan seker elite klas want my salaris word gespandeer in 10 dae…. Sarc….

Tina ·

Die Here is goed vir my. Ek het hoender, meel, olie, koffie, tee en melkpoeier. My diere het kos vir die res van die maand. My huur is betaal, my water, my krag. Die Here is goed vir my en ek loof Sy Naam.

Charlie ·

Wat noem jy dit as jou salaris ‘n hele maand hou?????

Jou verbeelding????

Michelle le R ·

Stem saam, daar is net niks oor, myne sommer na 2 dae op. Skoolgeld, huur, water ligte. Daar bly bitter min oor oor vir kos, geen luukshede nie.
So wat presies is daar om te spaar? Op die oomblik word dit wat ek het stadig weggevreet, as daar niks is wat dan. Waarop spaar mens. Krag, skool of watter een kies jy.

Niksnuuts ·

5 dae, so lank. met polisse,medies,lewens versekering,,huis,kar,pensioen,BELASTING,skool geld,kos. 2 dae papppa,2dae

Jo-anli ·

Watwou. Een dag dis klaar pensioen bly dieselfde, ekektrisiteitsrekening gaan op medies is hoog lewe onder broodlyn . Moet loop waar wil wees soms tot 20km ja 20 km. Geen ekstra geld vir brandstof nie. Die Drs is ver. Loop al 1uur in oggend om 7 uur daar te wees.

WIEBO ·

Middelklas inkomste: R7000 tot R60 000! Wow, dis n helse verskil tussen die 2 bedrae.!!! Ja, ons salaris hou 5 dae, want daar is net nie genoeg geld om mee te oorleef nie!!

MVenter ·

My salaris hou van die einde van die maand, tot die einde van die aand! LOL

Debietorders vir medies, pensioen en kar… Dan is my geld so effe gedaan! Ek weet nie hoe enkel ouers of huishoudings dit doen nie? EK en my man deel die onkostes. Hy betaal die huur en water& ligte, ek koop die kos & betaal die kar (sy bakkie is reeds af betaal). Ek sien ‘n bleek toekoms vir ons want nie een van ons kry ‘n verhoging nie, maar die koste van als anders gaan op! Ons het nog nie eens kinders nie!

marco polo ·

Dalk moet die mense begin staak vir nog, lyk my dit help.

charmaine ·

Dis net mense wat miljoene verdien wat so kan praat. As jy n huisgesin van 4 is en jou kruideniersware vir die maand is R3500-4000(sonder vleis) W&L van R2300-R3000 + versekering, polisse petrol, R4500 vir medies hoe dink hulle moet jou geld met 2 salarisse tot einde van n maand hou? Hulle leef hoog en dink almal verdien wat hulle verdien.
Wat van die arme pensionarisse wat met R1600 oor die weg moet kom en ek en my man help nog my pa wat nie met die bedrag oor n maand kan kom nie. So geniet julle maar julle kalkoen en kaviaar die vakansie terwyl julle seker in die Kaap rond hang soos die rykes wat julle is.

jaco ·

stop die mediese fonds. werk alle uit en jy sal sien dat wat hulle jou in totaal per jaar vra BAIE meer is as wat jy eis en BAIE meer as as jou regtige mediese uitgawes.

Geldloos ·

Mnr FNB duidelik verstaan julle nie die werklikheid nie, alhoewel ek ekonomie verstaan maak dit eintlik nie sin vir die alle daagse verbuiker nie. Kom ek stel dit eenvoudig vir jou. Ek kry n verhoging van 6% as ek baie gelukkig is. Mediese fonds premies styg gemiddeld met 10%, my polisse onvegeer 9%, elektrisiteit styg gemiddeld met 8% (munisipaleteit) en dan kom ESKOM en vra nog 15%. Dan is daar nog die petrol prys en saam met dit word kos duurder. Die saak staan so almal gaan aan oor die petrol prys maar vergeet die eintlike prys van alles is diesel. Boere landbou implemente is diesel verbruikers, vervoer kostes is diesel (moet nog n groot petrol aangedrewe trok sien) al daardie kostes moet verhaal word van ons verbruikers. Nou met al hierdie stygende kostes het ek op einde van die dag eintlik geen verhoging gekry nie, inteendeel ek boer eintlik agteruit. Wat is oor om te spaar?

Middelklas??? ·

Ek wil net weet hoe ‘n persoon wat R6,000 verdien middelklas genoem kan word??? Die persoon bly seker by sy ouers!

Salaris ·

Ek stem saam. Na al die nodige aftrekkings en my huur is my geld na 2 dae op. Ek is die enigste broodwinner. En kry nie miljoene nie. Ek wonder wat kry jy Mnr FNB. Ek hou deesdae ‘n blikkie in my kas vir noodgevalle, want jou geld is nie altyd veilig in die bank nie. En almal, van die armste ou op straat tot bo sukkel deesdae om kop bo water te hou.

VanAfrika ·

Raj Makanjee, hier is n uitdaging vir jou, Laat ons weer belasting betaal van 14%. Laat die petrol prys weer daal tot na die regte normaal, saam met dit moet al wat n ketting winkel hulle pryse daarby toepas. Bring julle bank kostes af en maak mediese skemas goedkoper sodat dit vir almal beskikbaar kan wees. Motors is so duur soos huise in SA, laat ons dit vir die helfte van die prys betaal. Kyk wat se karre ry tieners in Amerika en Australië dan kom sê jy vir ons hoe doen hulle dit. My seun is n gekwalifiseerde klank ingeneur en sy simpel karige salaris is R12 000.00 n maand. Sê my hoe kry iemand met n diploma so n vrot salaris en hy het 5 jaar ondervinding. Hoe dink jy moet hierdie kind wat nog nie eens getroud is nie, n huis, kar en dalk eendag n familie bekostig op so n simpel salaris. Ek is net n admin klerk en kry meer as hy, so ek is die broodwinner want hy bly nog by my omdat my kind dit NIE kan bekostig om op sy eie te bly, praat nog van spaar. Ek së jou wat, deel jou groot salaris met ons dan praat jy weer.

jaco ·

stel aan arm mense voor om op te hou rook en drink en alle hel breek los. hulle is dan reg en ek wat ‘n logiese voorstel maak vir die sny van 2 totaal onnodige uitgawes, is verkeerd… hulle het altyd allerhande flou verskonings oor waarom hulle uitgawes op sigarette en drank dan nou kwansuis noodsaaklik is.
geen arm mens wat aanhou rook en drink kom my egter nog verkeerd bewys nie.

bgj van der westhuizen ·

middelklas R7000 tot R60 000 waar droom die man van ons raak by die dag armer weens die hoe koste van alles

Johan ·

Mnr Raj Makanjee (FNB) – asb asb jou kriteria van ‘n middelklasverbruiker is dalk bewys van jou totale onkunde. Wat, vertel my WAT kan iemand wat R7000 per maand verdien (ons vat nou maar jou onderste kerf van die sg middelklas verbruiker) doen met daai geld, as:
– hy/sy op eie aangewese is?
– hy/sy nog gelukkig is om deur ouers gedra te word?

Mnr FNB asb – ek wag gretig op jou antwoord.

Belaglik ·

Wat van hou op ons sulke hoë bankkostes te vra (R200 + per maand op ‘n tjekrekening) dan kan ek miskien daardie R200 elke maand “spaar” soos jy dit so maklik sê. Dis onmoontlik in vandag se tyd om enigsins te spaar. Daar is eenvoudig nie geld nie. Miskien moet ek net na ‘n ander bank skuif. Jy het GEEN idee wat in die regte wêreld aangaan nie. Jy trek ‘n vet salaris elke maand en voel dit nie elke keer wat jy ‘n brood moet koop nie.

Wat...? ·

Liewe land! Waar kom die ou vandaan? Eks skoon stom geslaan! My man is n elektriese tegnikus op die grootste oop Platinum myn in die wereld en sy salaris is maar R7000 per maand met n paar klein toelae wat dan op R12000.00 kom wat hy ongelukkig moet gebruik waarvoor hulle dit gee. Let wel! Medies en pension uitgesluit!! Van daai R7000 moet ons oorleef n hele maand lank en ons het 2 kindertjies! Hier is nie werk nie, hy het n jaar lank gesoek vir werk en gelukkig 1 gekry. Ek soek tans nog werk maar niemand het oop poste nie! As ek so met die dames praat wat in kantore werk dan se almal hulle salaris is niks meer as R3000 – R4000. Wat maak mens met dit, al word dit saam my man sin gesit is dit steeds bitter min geld om als te doen wat mens moet!Wat nog van spaar?!?! En mense wat praat van kruideniers ware van R3500 – R4000? Probeer bietjie MAX R2000. vir kruideniers, skoonmaak middels, baba doeke, blik melk EN vleis! Daar is n paar aande wat mamma en pappa honger gaan slaap, maar kindertjies se maagies is darem vol! Dis ongelukkig waarheen blanke mense oppad is en dit gaan net erger word!

jaco ·

sny op blik melk, of staak blik melk. ek het dit onlangs vir eetgoed van die kerk benodig en ek was geskok dat dit R28 vir ‘n baie klein blikkie is.

Suinig ·

My pa het my geleer….As jy ni nog die helfde van Oktober se pay oor het nie….Kan jy nie met geld werk nie!…..

Werkloos ·

Om geen skuld te hê nie is rykdom. Om min besittings te hê is rykdom. Ek is ryk al het ek niks. Dalk beter gestel, ek is ryk omdat ek niks het nie. Hoe weet ek ek is ryk? Selfs die wat baie het vra my vir raad. Kyk op na my. En ek gee al het ek niks. Ek is gelukkig om ‘n gesonde verstand te hê.

Anoniem ·

Daar word so hard gewerk om donasies te in vir werkers, maar besef die mense nie dat daar op hierdie stadium baie meer blankes is wat meer sukkel as die wat wel werk het nie . Ons adverteer dit net nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.