ʼn Politikus kan dalk jou erfgenaam word

Argieffoto (Foto: Anna/Pixabay)

As daar nou iets is wat meeste van ons spreekwoordelik in ons grafte sal laat omdraai is dit die gedagte dat een of ander politikus jou grootste erfgenaam kan wees. Vergesog? Dalk nie.

Meeste van ons weet nou al teen hierdie tyd dat as jy sonder ’n testament sterf, dit nie goeie nuus vir jou geliefdes is nie. Maar wat as jy wel ’n testament het en dit word ongeldig verklaar met jou afsterwe? Dit kan dalk wees omdat jy dit nie geteken het nie, of selfs dat jy jou getekende testament verloor!

Daar is ’n paar goed wat elkeen van ons moet weet, en terselfdertyd klein bietjie tyd moet insit en moeite doen om seker te maak jy het alles reg gedoen.

Hier is ’n paar van die uitdagings waaraan mense elke dag blootgestel word:

  • Jou werklike wense gaan heel moontlik nie toegepas word nie, omdat die wetgewing gewoonlik ʼn vaste, arbitrêre en moontlike onpraktiese formule vir die verdeling van jou boedel het.
  • Die staat kan baat by jou boedel, of selfs familielede wat vêr is, en jou gade/burgerlike vennoot mag nie die volle deel van hul erfporsie ontvang nie.
  • Jou erfgename kan moontlik ʼn regstryd ondergaan, of hulle moet ondeelbare of illikiede bates met jou bloedverwante deel.
  • ʼn Eksekuteur/administrateur/trustee wat nie aan jou of jou gesin bekend is nie, kan aangestel word. Eksekuteurs en trustees van “derde partye” hef gewoonlik die maksimum toelaatbare professionele fooie, en dit is onwaarskynlik dat hulle die bates en die administrasie van jou boedel op ʼn simpatieke manier sal hanteer.
  • Indien daar geen voog van jou keuse vir jou minderjarige kinders genomineer is nie, kan dit ʼn nadelige uitwerking op hulle hê.
  • Bankrekeninge kan vir ʼn lang tydperk gevries word, wat kontantvloeiprobleme tot gevolg kan hê en dit kan moontlik daartoe lei dat krediteure ʼn stewiger, meer aggressiewe benadering tot die terugbetaling van eise volg.
  • Besigheidsbankrekeninge kan gevries word as gelde deur die oorledene aan derde partye betaalbaar is en nie betyds deur die boedel terugbetaal kan word nie, wat die onderneming in ʼn kwesbare posisie laat.
  • Voordat ʼn eksekuteur aangestel word, of as ʼn dispuut teen ʼn testament aangeteken word, is bates in gevaar en kan versekeringspolisse nie geëis word nie, selfs al val dit buite die boedel.
  • Uitdagings aan ʼn testament, soos ʼn hofsaak, kan oor die algemeen lei tot verleentheid, stres en komplikasies vir jou gesin. Dit kan lei tot finansiële komplikasies, en met min tyd om dit op te los, vererger dit net die probleme.
  • Die kostes om jou boedel te beredder, sal dikwels aansienlik styg, aangesien addisionele regs- en ander kostes aangegaan moet word.

Kry jou “resep”, perfek, vir jou familie!

attooh! Wills and Estates kan jou help, kry jou komplimentêre testament en boedelberekening vandag!

attooh! Wills and Estates met hulle span spesialiste sal jou bystaan om jou testament reg op te stel en seker te maak dit is maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel of wysig. Tydens die konsultasie sal hulle ook ʼn beraming doen rondom die regskostes soos bv. eksekuteursfooie, akteprokureursfooie, testamentere trustfooie, meestersfooie en ander onmiddellike uitgawes wat verbonde is met die afhandel van jou boedel.

  • attooh! wil jou vandag bederf met ouma se nalatenskap – die lekkerste melkkos. Klik hier om die resep af te laai.

Voltooi hierdie vorm indien jy belangstel in ʼn konsultasie:

Die vorm is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.