Nagenoeg ’n miljoen SA’ners bly in die buiteland – hoe raak dit hulle testamente?

Argieffoto (Foto verskaf deur Capital Legacy)

Deur Ken Newport, nasionale erfenisbestuurder van Capital Legacy

Meer as 128 000 mense het tussen 2015 en 2020 uit Suid-Afrika geëmigreer. Om dit in perspektief te plaas, dit is meer mense as die hele bevolking van Mbombela (Nelspruit), die hoofstad van Mpumalanga.

Dit is ook drie keer soveel mense as wat Suid-Afrika tussen 2010 en 2015 verlaat het (43 000).

Teen die einde van 2020 het 914 901 Suid-Afrikaners in ander lande en gebiede gebly. Dit is volgens die Verenigde Nasies se departement van ekonomiese en maatskaplike aangeleenthede se 2020 Migrant Stock-verslag.

Die oorgrote meerderheid van dié mense het in die Verenigde Koninkryk gaan nesskop (sowat 247 000), gevolg deur Australië (amper 200 000). Sowat 49% van alle Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, woon altesaam in dié twee lande. Die derde land waarheen derduisende Suid-Afrikaners emigreer, is die Verenigde State van Amerika (VSA), waar sowat 117 000 Suid-Afrikaners bly. Meer as 90% van alle Suid-Afrikaanse emigrante bly in die lande wat in onderstaande tabel aangedui word.

Top-20-lande waarheen Suid-Afrikaners geëmigreer het:

  1. Verenigde Koninkryk – 247 000
  2. Australië – 190 000
  3. VSA – 100 000
  4. Nieu-Seeland – 60 000
  5. Kanada – 50 000
  6. Angola – 40 000
  7. Botswana – 40 000
  8. Chili – 20 000
  9. Zimbabwe – 20 000
  10. Duitsland – 20 000
  11. Nederland – 10 000
  12. Swaziland – 10 000
  13. Israel – 10 000
  14. Portugal – 10 000
  15. Mosambiek – <10 000
  16. Ierland – <10 000
  17. Malawi – <10 000
  18. Switserland – <10 000
  19. Namibië – <10 000
  20. Griekeland – <10 000

Die soektog na bestendigheid

Dit blyk dat Suid-Afrikaners voorkeur verleen aan die politieke, ekonomiese en sosiale bestendigheid van lande soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada en die meeste lande in Europa. Gegewe die huidige politieke klimaat in Suid-Afrika, berei al hoe meer van sy burgers hulle voor op die volgende tien jaar deur verblyfreg in dié lande te verkry.

Een van die beste maniere om verblyfreg in ’n land te verkry is om eiendom in daardie land aan te skaf. En as ’n mens ’n eiendom koop, is dit tyd om jou testament by te werk.

In jou testament gee jy opdrag aan die aangestelde eksekuteur hoe jy wil hê dat jou boedel ná jou heengaan verdeel moet word. Kortliks gestel, wie erf wat.

Kom ons bespreek kortliks testamente wat die hantering van internasionale bates betref. Testamente word in drie kategorieë verdeel wat die hantering van internasionale bates betref:

Plaaslike testamente

’n Plaaslike testament is ’n testament wat opgestel word in die land waar jy bly, en dit gee opdragte oor wat met jou bates in die land waar jy bly moet gebeur, sou jy te sterwe sou kom. ’n Mens vind dikwels dat daar in ’n plaaslike testament ’n klousule is wat bepaal dat alle ander testamente herroep moet word en dat dié spesifieke testament as die enigste wettige en geldige testament beskou moet word. Dit is in die algemeen heeltemal in orde tensy jy internasionale bates het waarvoor jy nie in ’n plaaslike testament voorsiening gemaak het nie en waarvoor jy ’n testament in ’n ander jurisdiksie opgestel het.

Wêreldwye testamente

’n Wêreldwye testament is ’n gemaklike “enkeltestament-benadering” vir mense met buitelandse bates omdat so ’n testament ook bepaal wat met die internasionale bates moet gebeur waaroor jy dalk beskik. Dit is belangrik om daarop te let dat ’n wêreldwye testament net regsgeldig is in lande wat die Gemene Reg erken wat boedels betref, soos wat in Suid-Afrika die geval is.

In Suid-Afrika het ons vryheid van erflating, wat beteken dat jy jou bates deur jou testament mag nalaat aan wie jy wil. Dis nou afgesien van ’n paar wette wat omsien na kinders en eggenote se beskerming en dat daar vir hulle voorsiening gemaak is, sou jy te sterwe kom. Soos ons reeds gesê het, gebruik Suid-Afrika die Gemene Reg wat erflatings betref. ʼn Hele paar ander lande wat deur die Britse Gemene Reg beïnvloed word, gebruik dit ook. Dit geld in lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Nieu-Seeland, dele van Kanada, Indië en Singapoer. Bates wat jy in dié lande besit, sal byvoorbeeld deel wees van jou wêreldwye testament.

Buitelandse testamente

As jy bates het in ’n land wat nie dieselfde erfeniswette as Suid-Afrika het nie, sal jy ’n buitelandse testament moet opstel vir die bates in die land wat verskillende erfeniswetgewing het. Dit is in toevoeging tot jou plaaslike Suid-Afrikaanse testament.

Kom ons aanvaar dat jy byvoorbeeld bates in lande soos Frankryk, Spanje, Italië, Portugal, of sekere dele van Kanada het, waar privaatreg van krag is. Daar geld baie spesifieke wette wat erfenis betref, en gedwonge erfgenaamskap word in daardie lande toegepas. Gedwonge erfgenaamskap beteken dat jy nie baie beheer het nie oor wie die bates sal erf wat jy in daardie regsgebiede het. Jou buitelandse testament sal voorsiening moet maak vir daardie land se spesifieke wette oor erfenis.

Die volgende beginsels mag ook help om groter duidelikheid te verskaf om seker te maak dat jy die regte testament het as jy bates in die buiteland het:

Toevallige (geïmpliseerde of stilswyende) herroeping van testamente.

Die eenvoudigste manier om ’n Testament te herroep is deur ’n regsgeldige latere testament of kodisil op te stel. ’n Duidelike manier is om ’n herroepingsklousule in die latere testament te voeg. ’n Voorbeeld is: “Ek herroep hiermee alle vorige testamente en testamentêre bemakings en verklaar dat hierdie my laaste wens en testament is”. Dié eenvoudige klousule sal alle vorige testamente en kodisille herroep.

Maar juis hierdie eenvoudige klousule mag probleme veroorsaak wanneer ’n mens buitelandse bates in lande wil bekom wat nie testamentêre vryheid het nie. Testamentêre vryheid, soos wat ons in Suid-Afrika het, beteken bloot dat die testateur die bates in sy boedel mag nalaat aan wie hy wil. In sommige lande, soos byvoorbeeld Frankryk, word die regsbeginsel van gedwonge nalatenskap toegepas. Volgens die beginsel van gedwonge nalatenskap geniet kinders voorrang bo eggenote.

Waarom sou dit ’n probleem wees? Wel, kom ons aanvaar dat ’n Suid-Afrikaner ’n eiendom in Frankryk koop. Hy stel dan ’n ander testament op en laat die eiendom in Frankryk en sy eiendomme in Suid-Afrika aan sy vrou na. Maar sy kinders mag uiteindelik die eiendom in Frankryk erf, omdat Frankryk se wette wat gedwonge nalatenskap omvat, voorrang aan kinders bo eggenote verleen.

Hoe op aarde is dit moontlik? Eenvoudig omdat die laaste testament onderhewig is aan die wette van die land waar die bate geleë is.

Dié deel van die testateur se testament word dan op so ’n manier “toevallig” herroep.

Hoe die Europese erfenisregulasie no. 650/2012 (Brussels IV) wat Boedels aanbetref, help om toevallige herroeping help voorkom.

Talle lande in Europa, soos Frankryk, Spanje, Duitsland en Italië beperk testamentêre vryheid deur hulle gedwonge-erflating-reëls. Dit kan statutêre of vasgestelde aandele aan sekere familielede voorsien.

Dit beteken dat, in sommige gevalle, ’n Suid-Afrikaanse individu met bates in sekere Europese lande beperk mag word aan wie hulle hul bates kan nalaat. Maar, waar ’n Suid-Afrikaanse individu bates besit wat in die Europese Unie geleë is, (die Verenigde Koninkryk, Ierland en Denemarke uitgesluit), verleen die Europese Erfenisregulasie no. 650/2012 (ook bekend as Brussels IV) ’n baie nuttige beplanningsgeleentheid.

Brussels IV stel ʼn individu in staat om te verkies dat die individu se eie nasionale wette van toepassing is op die nalatenskap van sy bates. Dit kan ’n maklike manier wees om die gedwonge-nalatenskap-reëls te vermy en vir ’n Suid-Afrikaanse individu om te verseker dat Suid-Afrikaanse wetgewing van krag is op die nalating van sy Europese bates.

Die EU-burger én die nie-EU-burger mag verkies dat die wette van sy land of nasionaliteit op sy Boedel van toepassing is. Die versuim om dit te doen beteken dat die wetgewing van die land waarin die oorledene meestal ten tye van sy dood gebly het, gebruik sal word vir die verdeling van die oorledene se boedel.

Brussels IV geld vir alle sterftes op of ná 17 Augustus 2015.

Die lande wat deel van die ooreenkoms is, is Oostenryk, België, Bulgarye, Kroasië, Ciprus, Tsjeggië, Estland, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Hongarye, Italië, Letland, Litaue, Luxemburg, Malta, Nederland, Pole, Portugal, Roemenië, Spanje, Slowakye, Slowenië en Swede.

Dit is dus uiters belangrik as jy dit oorweeg om ’n eiendom in die buiteland te koop, of van plan is om te emigreer, dat jy die uitwerking daarvan op jou testament en dus jou boedel in aanmerking sal neem.

  • Gesels gerus met Capital Legacy vir kundige raad oor hoe om jou buitelandse bates te beveilig. Ons het oor die afgelope tien jaar gehelp om nagenoeg 380 000 testamente op te stel. Ons sal jou wense en Boedelbehoeftes vir jou fyn bekyk en jou raad gee oor watter roete die beste is om te volg.

By Capital Legacy kry jy al die kundiges, wat sake vir jou, die kliënt, aansienlik vergemaklik.
Capital Legacy spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.