Die vakansietyd is skaars agter die rug, maar miskien is jy een van daardie mense wat ʼn vakansie kort om te herstel van jou Desembervakansie.
As jy slim en vroegtydig jou vakansies en verlofdae beplan, kan jy die meeste uit jou jaarlikse verlof kry. Dit kan jou help om ʼn naweek in ʼn week lange vakansie te verander soos in April waar jy tien dae kan af kry deur slegs vier verlofdae te neem.
Vanjaar kan jy jou 15 verlofdae verander in 42 dae van vakansie. Volg Maroela Media se maklike gids om seker te maak jy kry die meeste uit jou 15 dae.
Ongelukkig val Menseregtedag vanjaar op ʼn Saterdag, maar diegene wat oor naweke werk, kry daar nóg ʼn dag af. Nuwejaarsdag val op ʼn Vrydag, wat vir jou drie werkvrye dae aan die begin van 2021 verseker.
Afgesien van dié verlofdae wat jy slim kan uitwerk, kry jy ook Menseregtedag en Nuwejaarsdag af omdat dit openbare vakansiedae is. Jou getal dae af beloop in geheel dus 44 dae.
VAKANSIEDAE | NEEM VERLOF OP | GETAL DAE AF |
Goeie Vrydag: Vrydag, 10 April Familiedag: Maandag, 13 April | · Dinsdag, 14 April · Woensdag, 15 April · Donderdag, 16 April · Vrydag, 17 April | 10 |
Vryheidsdag: Maandag, 27 April Werkersdag: Vrydag, 1 Mei | · Dinsdag, 28 April · Woensdag, 29 April · Donderdag, 30 April | 9 |
Jeugdag: Dinsdag, 16 Junie | · Maandag, 15 Junie | 4 |
Vrouedag: Maandag, 10 Augustus | · Vrydag, 7 Augustus | 4 |
Erfenisdag: Donderdag, 24 September | · Vrydag, 25 September · Maandag, 28 September | 5 |
Versoeningsdag: Woensdag, 16 Desember | · Donderdag, 17 Desember · Vrydag, 18 Desember | 5 |
Kersfees: Vrydag, 25 Desember | · Donderdag, 24 Desember · Maandag, 28 Desember | 5 |
Totaal: | 15 | 42 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Regstelling:
Maandag 28/12 moet wees Maandag 21/12 onder versoeningsdag.
Mmmm… sien dis reeds gemeld. Blameer die tyd verspil tussen blad opdaterings.
Dit klink lekker maar ek wil my 15 dae eeder spaar want ons beplan n 15 dae see vakansie in Oktober lekker rustig en goedkoper buite seisoen tyd!
Hier is nog ‘n soortgelyke plan waar jy jaarliks ten minste 104 dae kan af kry met zero verlof – vat eenvoudig elke naweek af.
Fantasties! Net wat ek nodig het! Dankie Maroela