Spaar kan jou duisende rande spaar

Jy betaal vir kredietversekering op byna al jou kredietooreenkomste teen ’n baie hoë premie, want kredietverskaffers maak ekstra geld hieruit. Meeste mense weet nie eens dat hul kredietversekering het of hoe om daarvan gebruik te maak nie. Weet jy?

“Spaar” verduidelik graag hoe hierdie versekering werk en bied ook ’n sakpas kredietversekeringpolis aan wat meeste kredietverskaffers nie sal klop nie.

Weet jy wat is kredietversekering?

Kredietlewensversekering word ingesluit by byna alle kredietooreenkomste in Suid-Afrika deur middel van ’n versekeringspolis. Hierdie versekering beskerm polishouers in gevalle waar hulle weens dood, ongeskiktheid of aflegging nie meer hul leningspaaiemente kan betaal nie. Dit delg basies die uitstaande saldo van ’n lening in een van die bogenoemde gevalle, of dit betaal die maandelikse leningspaaiement in die geval van tydelike ongeskiktheid of aflegging.

Hoekom Spaar en nie ’n ander kredietversekeraar nie?

Spaar het ’n kredietlewensversekeringspolis laat ontwikkel wat al jou bestaande kredietversekeringpolisse onder een enkele polis konsolideer, teen ’n premie wat aansienlik laer is as jou huidige premies.

Die meeste kredietverskaffers bied sommer self hierdie tipe versekering, maar die premies is normaalweg baie hoog en die kredietverskaffers maak ook hulle geld hieruit. Verbruikers word selde ingelig dat hulle die opsie het om van hul eie versekeraar gebruik te maak.

Dus, in plaas daarvan dat al jou verskillende kredietverskaffers ’n premie van jou verhaal wat deur hulle bepaal word, kan jy by Spaar jou al jou kredietlenings onder een dak bestuur en dit boonop teen ’n beter premie.

Kry vandag alles onder een dak en spaar geld.

Die polis beskerm jou in die geval van:

  • dood;
  • afleggings;
  • gevreesde siekte;
  • tydelike ongeskiktheid; of
  • permanente ongeskiktheid.

Kontak Spaar by 010 040 7634, stuur ʼn WhatsApp aan 065 693 1728, of ’n e-pos na [email protected]

Besoek die webwerf Spaar.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.